Gedigte

Titel: swyg
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Swyg is die reuk van sjampoe
in jou hare, blomme in my neus
en die way wat ek jou in skemertraan
steedds saggies van my wang afvee.
Swyg is my hande wat
droomlangs hierdie liefde deel
en die klink van die klokslag
alke aand om drie.
Swyg is die visnet van gedagtes
om die hoekies van my mond
Swyg want die hoepel van
my stem dryf ver en verder weg
Swyg oor die level van my hart
wat diè woorde nie beskryf.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stom beindruk
12 jaar 7 maande 1 week 2 dae 9 ure oud


mooi
ek hou van hierdie gedig. dis mooi vir my. dd
12 jaar 7 maande 1 week 2 dae 18 ure oud


mooi
ek hou van hierdie gedig. dis mooi vir my. dd
12 jaar 7 maande 1 week 2 dae 18 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar