kyk deur slaapkamerruite
na die nagmis
en die maan
wat edeltin daarbuite
dou-voor-dag
stap sy deur haar tuin
waar die Queen Elizabeth
in pienk staan en roos
maar die palm se vrugte
lê op die grond . . .
in skakerings van goud-appelkoos
en die mossies soek na saad
in die skadu van haar boom
neffens die stoel
waar sy ewig sit en droom
en sy weet . . .
daar's voëltjies en nessies
tussen die blare se groen
met die purperste bessies
in die najaar's seisoen
die vrou wat jou liefhet
pluk madeliefies . . .
'skik dit in potjies van klei
en ook lelies in wit
om in die voorhuis te sit
waar organza oor die ou wakis vly
sy't 'n deuntjie in haar kop
. . . nagtegale in haar mond
en sy dans in sirkels alrond
sy maak swaaie en draaie
met die wind teen haar rug
oor vêr-vreemde paaie
in 'n hemelse vlug
*
die vrou wat jou liefhet
staan kaalvoet in velde
(in hoop dat jy eendag weer huis toe sal kom)
met 'n blos op haar wang
en sonlig in haar hare . . .
tussen die rooiste rooi papawers
in blom
C. Shaw
9 Februarie 2015
Lees ander gedigte deur Viooltjie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Snuffelgids
Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.