Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 129
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 16 Jan 2016
Vanoggend, dou-voor-dag, het ek my e-pos nagegaan.
Jou boodskap was ook daar, in dood se stikke swart omraam.
Eers dag ek in my ongeloof ek het net skeef verstaan,
maar in markante skeidingswoord (onder Woes se eie naam!)
lees ek met breindisfunksie -wat vertraagd trag te verwerk-
dat op my Woes se werfie sal elke vriend se stem verstil
want die hek van “Woes-Afrikaanse-paradys Beperk”
swaai roesig, raserig tot slot nes Skoppensboerse gril!
Maar al die jare hier op Woes se skeppingskragtigheid
van saamskryf, saamlees, saamtreur, saamlag, siele-goed gedeel
glo ek, was oorsaaklik tot ieder skeppingsdiensbaarheid;
daarom dan my dank aan elk dat ek ‘n rolletjie kon speel.
Ek groet met koue woorde, verwarm deur ons wondertaal
in wete dat ons almal wel iets goeds uit Woes kon haal.
Lees ander gedigte deur Koekekranka
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Charmain*
Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe
Waar gaan ek weer sulke puik skryfsels soos hierdie lees? He, se vir my!