ag tot te nice,
opsoek na roem en rykdom
wat skoonheidswedstryde voor betoog.
Sy gooi haar flikkers en wys ons haar been,
ag tog te nice,
haar bietjie bikini maak haar pragtig, ek meen...
tog te nice...!
Sy stap saam met haar pa in by die kerk,
ag tog te nice,
haar dure witte rokkie aan
met skuld daarna - ek staan vir lank nog sterk!
Die eerste baba arriveer,
ag tog te nice,
dis vingertjies en toontjies en naampies
en ek soekend na slaap, meer en meer...
Eerste daggie op die skoolbank,
ag tog te nice,
die tassie is gepak
dis kleurkryte en allerlei gebak!
Die eerste kêrel kom tee drink,
O, magties! Ek hoop hy is nice!
My dogter is te jonk vir vry
en ek is lus om hom te vermink!
Maar...oe-la-la, kyk hoe mooi is sy,
ag tog te nice...;-)
Langs my lessenaar by die werk sit sy,
haar bene maak my so bly...;-)
Dis die lessie van ons tyd,
'n lekker nice een,
want nice bring altyd selfverwyd
en groter moeilikheid vir 'n iedere een!
Lees ander gedigte deur Nardus van der Vyver
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.