Gedigte

Titel: Tegnologie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is nie `n dag wat verby gaan wat jy nie in my teenwoordigheid is nie.
Ek vlug nie na jou toe uit verpligtendheid nie, maar uit gewoonte.
Die invloed wat jy op my handelinge het, is groot.
Ek kan nie sonder jou nie. Jy is my Alfa & Omega.

As my hart tot stilstand moes kom, sal jy die een wees wat hom weer sal genees?
Sonder jou is my nagte donker.
Sonder jou is my dae verveelig.
As jy nie teenwoordig was nie, sou ek in `n tydperk soos vandag oorleef?

Jy was nie altyd daar nie, en tog het my hart nie tot stilstand gekom nie!
Die lig in my lewe was nie altyd jy nie.
Die vermaak in my lewe was nie altyd jy nie.
Jy was nie altyd daar nie, en tog het ek oorleef in daardie tydperk sonder jou!

Daar was dae wat ek nie eers geweet het jy bestaan nie.
Ek het beter gewoontes gehad om na te vlug.
Die invloed wat jy op my gehad het, was geen.
Ek kan sonder jou, want jy is geen Alfa & Omega. Jy is tegnologie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar