Gedigte

Titel: tekort
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kyk vir Migael – sy hande
is uitgestrek na kinders wat sing
in skone harmonie.
Teen tienuur is deure gesluit
ligte uitgedoof
en my selfvernietiging die obsessie
van twee professionele
kwaksalwers.

Hy wat soos God is
verwar geesgenote met hawelose
gedagtes in die verre wonde
van my oë.

Iemand tel ’n afgestorwe noot
in die stof op.
Dit word by die naaste
oorsprong van verbeeldingloosheid
ingehandig.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vuishou!
Tertius,

Jou skryfwerk slaan defnitief nie in die wind nie. Dit tref soos 'n vuishou in die maag!
My gunsteling strofe:

"Iemand tel ’n afgestorwe noot
in die stof op.
Dit word by die naaste
oorsprong van verbeeldingloosheid
ingehandig."

Hou my oog uit vir jou volgegende skrywe.
5 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar