Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nul, een, twee,
hier’s ons by die see.
Langs die waterkant,
speel ons in die sand.

…drie, vier, vyf,
roompies aan ons lyf,
grafies in ons regterhand
en emmertjies vol sand.

…ses, sewe, ag,
luister hoe die kinders lag,
as die branders breek
en skulpies hulle voetjies steek.

…nege, tien, elf,
dieper in die sand gedelf,
‘n gat gegrou
om ‘n sandkasteel te bou!

…twaalf, dertien, veertien,
hoor net wat ons ma’s bedien –
eiers, brood en wors
en koeldrank vir ons dors!

…vyftien, sestien, sewentien,
weldra kan ons nie meer sien,
dan moet ons ons goedjies pak –
alles in die rooi strandsak.

…agtien, negentien, twintig,
ons sleep ons voetjies huis toe terug!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tel
Kostelik! Ek wens ek het hierdie rympies gehad so dertig jaar terug! Sou dit lekker kon gebruik in my Sub. A klassie. Omdat dit so heerlik rym, leer kindertjies dit gou en word hulle koppies slim met die regtige inhoud!
8 jaar 7 maande 3 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar