Gedigte

en Camsica Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bou vir my
’n piramiede
in my hart
se woestyn
en laat in my
elke nag se kou
jou helder warm lig
daaroor skyn (RC)

Vul vir my
’n oseaan
met die wêreld se seer
vasgevang tussen in ,
die mensdom
se trane daarin ,
sodat elkeen weer
van vooraf kan begin . (Camsica)

Los vannag vir my
ñ handgeskrewe briefie
op my kussing
wat sag ruik na jou -
vol behoeftes en hoop
van koetjies en kalfies gestroop ,
met ñ PS : onderaan
wat sê dat jy
darem so bietjie van my hou ( RC )

My skrif ,is ek bevrees
sal jy nie nie kan lees -
maar ek kan vir jou braille
met ’n haakspeld,
vir jou gaatjies prik
my parfuum daarop laat huil
’n lipspoor-pienk
daarop los
en as final touch
‘n smiley
met ’n wink. (Camsica)

Mmm , dit is alles goed en wel
dat my vingers my kan vertel
wat jou hart van vol is
en dat ek
vannag kan slaap
met die reuk van jou parfuum
wat deur breinnewels priem

en miskien dink jy ek is gek
maar ek sou eerder verkies
dat my vingers
die tell-tale signs
van jou vel lees
en jy jou lipspoor-pienk
op my lippe los .

Ja , ek sou eerder verkies
dat die smiley
met die wink
jou gesiggie is
waarteen ek môre-oggend
vaskyk .( RC )

( ħ Rudi Coetzer & Camsica
12/11/2010 07h54 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Dis só mooi! Hoendervleis-mooi... En simpel-grin-op-my-gesig-mooi! Die 2de en 3de verse veral treffend weergegee...
7 jaar 11 maande 6 dae 17 ure oud


Tell-tale signs ħ
Dis soos 'n lekker loslit-dans !
7 jaar 11 maande 6 dae 18 ure oud


...
Baie sweet julle twee. Julle is waarlik 'n gedugte span!
8 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


Duet
Weer 'n meesterlike samewerking...Julle duette is pragtig. Dit is maar om die minste daarvan te sê.
8 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Dis baie mooi vir my
8 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Tell-tale
julle lê en bou en praat
maar kom nie verder
vat dan nou my raat
raak aktief
progressief
en doen
terwyl julle soen
dit wat verliefdes
eintlik moet doen.
8 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


Die eerste twee verse skep afwagting en bou dan op na iets heerliks!
8 jaar 11 maande 1 week 4 dae 3 ure oud


Daardie 'smiley'-gesiggie met 'n weer-begin kan net plesierig wees!
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 8 ure oud


Rondomtalie-lekker....
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Hot..
Flirt op sy heel beste....
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Mmmm sensueel verby! Baie oulik julle!
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


puik werk julle 2
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Ai...ek dink dis pragtig...skitterend geskryf, julle!
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Skitterend geskryf julle!!

Vul vir my
’n oseaan
met die wêreld se seer
vasgevang tussen in ,
die mensdom
se trane daarin ,
sodat elkeen weer
van vooraf kan begin
....absoluut treffend verwoord!
8 jaar 11 maande 1 week 6 dae 23 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar