Gedigte

Titel: TEMENOS
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

TEMENOS
Klein stukkie afgesnyde goddelike waardevolle aarde
lewegewende heilige water jou magtige Nyl
vloei deur eeue verby piramides temenos van waarde
Juktas se Knossos en berg Olympia temenos van Zeus styl
vader van alle Griekse gode met blitsende hand
Apollo beskermheer van intrekkers en setlaars
deur eeue het hul temenos met mens ‘n siels band
vandag besoek mens ‘n temenos skaars

Vandag se temenos sirkel fontein met akkers rose
gee aan mensdom gedagtes om hart te knus
te kyk na binne loer wat is reg wat is bose
te gee aan mensdom hart en siele rus
te kyk wat moet bly of van binne weg
betree jy temenos se Godelike heiligdom
luisterrend jou siel vluisterend binne beleg
siel uitkom sal jou verstand verstom

Maak ‘n temenos vandag in jou tuin
spesiale afgesnyde plekkie ingerig vir God
besoek daaraan plaas jou lewe op nuwe kruin
dit sal hou jou by God se gebod
Die kerk van binne is heilige temenos
boodskappers voed heilige honger siele
ook die liggaam is God se heilige temenos
Hy verban alle onheilige dade met spoedende wiele

#Temenos – In Grieks beteken ‘n stuk grond of land wat afgesny en toegewys en geisoleer word van elke dag se leef spasie en word as amptelike gebied gereserveer as heiligdom uitsluitlik vir aanbidding tot jou God of gode.

Vir fotos van ‘n temenos kan gesien word by www.temenos@lando.co.za gaan kyk dan by Temenos Retreat and welness centre- body and mind. Gaan kyk gerus na die fotos daar aub.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

temenos
Partykeer nodig om mens net af te sluit en stil te raak voor Hom.
4 jaar 8 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


temenos
kan tans in my lewe doen met 'n ruimte om my af te sonder van al die lawaai om my
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


temenos
So belangrik om n plek te hê waar jy met die Allerhoogste in stilte kanm gesels
4 jaar 8 maande 1 week 4 dae 21 ure oud


Temenos
Geen plek vind ek myself nader aan die Vader as in die aarde, die grond en tuin. Dankie baie.
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


temenos
Ja, so 'n stil word plekkie kan wondere vir 'n mens doen. Dis nogal 'n goeie idee om so 'n hoekie in te rig in mens se tuin :-)
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Temenos
lekker gelees en gaan fotos kyk.. dis pragtig!
4 jaar 8 maande 1 week 5 dae 7 ure oud



Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar