Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oopmaak van die voordeur
en die inglip van die son.
Hy gaan vandag terugkeer,
as hy maar net kon...

Gooi jou hande in die klug
en bind die duisternis!
Op die barste van haar stukkende stoep,
begin hy aan haar roep.

Verskrik deur die vreugde in haar oe",
hy gaan nie terugkeer vandag,
maar haar liefde vir hom bly sag.
Die tyd is nou, sy moet hom eenvoudig net glo!

Maar hy kan nie.
Hy kan nooit nie!
Die kommunikasie gaping bly te groot.
Honderd en vyftig weke lank, is hy al dood.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe - hoe hartseer maak die gedig my nou. Kom ook uit die diensplig jare - ook baie vriende so verloor.

10 jaar 3 weke 5 dae 22 ure oud


Hierdie gedig laat my dink aan die verhaal (natuurlik met dieselfde titel) in Verlore Paradyse wat ons in matriek gedoen het. Jy het dit regtig baie goed vasgevang. Goeies GroenGoud
10 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 14 ure oud


weer besoek
Groengoud
Jou gedig is suiwer Afrikana. Die beelde leef!
DD
11 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


Terugkeer van 'n Soldaat
GoenGoud - Baie treffend, baie roerend, baie mooi. Vrede vir jou Liewe Mens!
13 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar