Gedigte

Titel: Tevergeefs
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is mos nie gebore nie , ja ek weet almal moet gebore gewees het . Sommige word in die hospitaal gebore , ander by die huis met behulp van ‘n tannie of oom wat die nodige papiere het om Ma om te dop en te vroetel en vat totdat daai nuwe lewe sy verskyning maak . Ek wou eers se kop uitsteek , maar ek verstaan party babas is nou maar anderste sommer so van geboorte af . Hulle draai skuins of gryp vas of wil voete eerste uitklim( seker ook hulle wat met die voet in die bek betrap worre, keer op keer.) . Die feit bly staan soos ‘n paal of as gevolg van , die mens word gebore finish en klaar, uit en gedaan oor en uit .

Nou waar kom my storie dan in ?
Wag dat ek julle vertel :
Een Sondag le hierie klein porratjie ewe rustig in sy waterbedjie binne sy Ma se groot maag en maaind sy eie besigheid. Hy le en droom van goete wat hy nie van weet nie en dinge wat net regte mense beskore is . Skielik so uit die bloute tref die gedagte hom dat hy vreeslik uitmis as hy hier in sy kokonnetjie sou bly le . Hy raak onrustig en terwyl hy dink , woel hy soveel dat sy Ma onrustig begin raak . Ma kyk na Pa en se “ Dis sulke tyd”
Pa kyk na Ma en se “ Onmoontlik, jou tyd is eers oor drie weke”
Ma se “ Sepraais “
Pa se “ O sjaks ”
Ma se “ Kry my tas , hy staan gereed agter die kamer deur”
“Pa se “ O sjaks ”
Ma se” Hardloop, maak gou die kontraksies raak kwaai ”
Pa se “ O sh@# ”
Ma vlie om en kruipende gaan haal sy haar tas terwyl sy anner tale praat .
Pa vra vir Neef , wat daar kuier om sy kar te skuif .
Neef se “ Ons ry sommer mettie Merc , dan voel julle sommer hoe lekker ry hy .”
Pa se ‘Dankie , ek wou jou nog vra om ons vir ‘n spin te vat .”
Ma kom aan met die tas slepend agter haar aan , Pa spring op en help haar .
Ma se “ Kry handdoeke “
Pa se” Oukei”

Pa en Neef help ma tot by die Merc . Neef maak die agterdeur oop en Pa help Ma in . Neef trek weg dat die taaiers spin .
Ma skreeu “Versigtig , ek wil lewend by die hospital aankom .”
Pa skreeu “ Sjaks , maar die ding is blerrie vinnig.”
Porratjie het ook die taaiers gehoor skree en hy voel of hy oorboord sou gaan as hy in ‘n boot was . Nuuskierig beur hy en draai hy sodat hy kan sien of daar ‘n uitgang is , sodat hy kan ontsnap . Hy sien iets wat soos ‘n tonnel sal lyk vir regte mense , maar hy is vas in hierdie water sak . Hy trek sy bene altwee op en skop met al sy mag en krag teen die wand van die watersak.
Ma hik en kreun en se “Hy wil uit. “
Pa se “ O sh@# ”
Neef se “ Nie op my merc se siets nie .”
Ma se” Ek kan nie help nie , hy wil uit .‘”
Pa se” Dis my laaitie wat wil uit .“
Neef se” Dis my nuwe kar .”

Porratjie trek se bene terug en skop weer. Ma se maag maak sommer so ‘n groot bult.
Ma se “Eina ”
Pa se “ Moenie worry nie ,ek is hier.”
Neef se “Ja in my blerrie kar .”

Porratjie trap vas en le die skouer in maar in die proses raak hy verstrengel in die tou wat hom aan Ma vas hou. Hy kry nie asem nie en skop weer , die sak gee mee .
Ma se “ My water het gebreek ”
Pa se “ Bly kalm .”
Neef se “ Vir wat het julle ‘n bottel water saam gebring ?”

Porratjie kyk rond, die tou om sy nek verslap en hy sien die bekenbeen . Hy begin vastrap en maak plan om uit te kom.
Ma se “ Eina , hy wil uit. “
Pa se “ Haal asem en druk my hand .”
Neef se “ Nie in my kar nie .”
Ma se vir Pa “ Jy met jou jeukerigheid “ en sy druk Pa se hand dat die beentjies se tirr.
Pa se “ Jy het maar alte lekker gekielie aan daai jeukerigheid .” en byt op sy tande .
Neef se “ To much info .”
Ma se “ Sjarrap en dryf .”
Pa se “ Ja sjarrap en dryf .”
Neef se “ Wat doen ek nog die hele tyd .”

Porratjie druk en beur , hy wil uit, maar die tonnel is nou en elke nou en dan trek die tonnel saam , hy raak bang sy stert in die slag . Maar tyd om te worry oor sterte is daar nie , die tou span stywer om sy nek en hy moet faait om buite te kom .
Ma trek haar bene op en se vir Pa “ Kyk of jy iets sien .”
Pa kyk en se” uh,uh waarvoor moet ek kyk ?”
Ma se “Kroon hy al ?”
Pa se “ uh uh , maar ek sien sy kop .”
Neef se “ Ek gaan uitpaas .”
Ma se “ Jy moet hom help .”
Pa se “ Maar ek is hier by jou par oeps besig.’
Neef se “ my arme kar.”
Ma se ‘ Bogger die kar , dryf”
Pa se “ Ja dryf en moenie uitpaas nie want ek kan jou nie nou kom help nie.”
Neef se “ Ek dryf .”

Porratjie beur en beur, hy voel die koue lug op sy kop en nou wil hy met alle mag uit. Ma druk en sy skree, Pa voel die pyn in sy hand en hy se “ Haal asem en druk .”

Porratjie kom uit, Pa vang hom, Ma sug bly .
Ma se “Hoe lyk hy ?’
Pa se “Hy is blou .”
Neef se “ Maybe is hy ‘n Noord transvaler .”

Pa help om die tou van porratjie se nek af te kry en gee hom ‘n klap oppie boud .
Porratjie begin huil en kry asem. Hy dink “ Hierrie is maar ‘n gaggies plek , ek kry pak net omdat ek uitgeklim het en toe skree hy .
Ma maak Porratjie toe in ‘n doek en Pa smaail en se “ Dis my laaitie “.
Neef raak nuuskierig en stop die Merc , Ma kry amper ‘n oorval en sy klap na Pa . Gelyk skree hulle “ Ry ” Gebelgd se Neef” Ek wou maar net gekyk het , maar al wat ek moet doen is dryf .”

By die hospital vat die nursies vir Ma en Porratjie in terwyl Pa papiere invul en Neef die Merc loop parkeer.

Die nursies loop en koewiekoetjoe en brr en se “Ag , shym , hy is tog so klein en blou .”
Ma se “ Maar hy is drie weke vroeg .”
Die nusies se “Ag shym , ons hoop hy is oraait . Dalk gaan hy bietjie agter wees oorlat hy nie in die hospital gebore is nie .”

Net daar, sommer nog so in die nursie se arms strip Porratjie hom , want hulle maak of hy stjoepid is , want hy luister dan vir hulle.
Dit is nog het einde niet en die omies met die witjasse en Coke brille bevoel en bevat hom en druk naalde en goeters in hom en net daar strip Porratjie hom weer.

Hulle vat toe vir Porratjie en gaan sit hom in ‘n glaskas met allerhande pype en dinge en net daar strip hy hom vir ‘n derde keer .
Hy waag sy lewe , hy breek uit die watersak , hy beur sy longe uit om lig te sien . Die tou om sy nek het hom amper verwurre , gelukkig is die darem nou afgesny en in ‘n bolletjie op sy maag geknoop en ingedruk.
Maar al die gestoeiery en gefaaitery net om weer in ‘n hok gesit te word , dis mos nie reg nie.

Later jare verstaan Porratjie al die dinge want die Prediker se mos “ Alles is tevergeefs.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar