Gedigte

Titel: Thusia
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Geologies gebroke rots
Deur hitte gevormde
Verbrokkelde verhoudings
Yskoue gesette ervarings
Van verlies en verwerping
Elke lawa rots van pyn
Van haat en oordeel
Ook bitterheid en afguns
Neem ek nou en bou
Met bloedbelope hande
’n Altaar hier op U berg.

Werp my onverskrokke,
Nakend, gestroop van self en
Eie wil, neer op stapelrots.
Liggaam, siel en gees
Oopgesper, verwyderd van
Menslike wens en begeertes
Vader, mag ek hier vandag
Verloor eie waan en eie lewe
Diensbaar word vir U en
Seëning wees vir medemens
Offer geskend, dog gewillig.

Bo sien ek draai, draai, draai
Gereed om U offer te roof
Aasvoëls van twyfel en trots
Van vleeslike ingesteldheid
Selfliefde maak wyer sirkels
Vrees vir mense, hul opinies
Saam met misplaasde fokus
Kom gewaagd naby.
U offerhande in gedrang
Laat ek in U Gees hul herken
En sonder vrees verjaag.

O Heer en nou, nou hier
In vredevolle afwagting
Gereed vir die gloed van
U alles-verswelgende vuur
U vlam van Woord en
Waarheid my te verteer
Is my wesenswens dat
Die rook van opregtheid,
Lofprysing en aanbidding
Vir U aanneemlik sal wees
Tot U alleen, ‘n lieflike geur!







Thusia (G2378) – Offerhande. Doodmaak, slag vir ‘n doel.
Figuurlik in Rom 12:1 - Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
Dankie HG.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Het gelees.
Dis nie 'n gedig vir een keer se lees nie. Ek sal weer probeer. :-)
7 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Dit verg moed om jouself so te ontbloot
Mooi geskryf - verduidelik presies daardie oomblik wat jy weet jy moet oorgee want daar is nie n ander pad nie. Tog tragies (in my lewe) hoe dikwels mens so vinnig na jou reiniging weer stuikel. Dit maak my moedeloos, vuis voos, soms te moeg om verder te probeer, want die swakheid van menswees word nooit volkome weggebrand nie
7 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 12 ure oud


Sjoe!
Baie mooi!
7 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


jou offer...
dit het my verbeelding aangegryp soos 'n kalaharisonsondergang
7 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


Net ter inligting:
"Kudos" = die grootste akkolade wat aan 'n ander persoon gebied kan word.
(Hierdie verduideliking agv 'n paar navrae)
7 jaar 11 maande 3 weke 5 ure oud


Thusia
Aangrypend. Kudos vir jou. Carol
7 jaar 11 maande 3 weke 10 ure oud


Thusia
Ek het hierdie werk meer as drie keer oor gelees, vandat jy dit geplaas het.
Ek vind dit, breedweg gesien, as 'n allergrootse gebed.
Aanvaar: ( En hierdie is persoonlik en on debatteerbaar.)
In my Geestelike lewe is daar drie :
My God
My Moeder
Ek

Niks en niemand meer nie.

My Geloof kom van Moedeersknie en het gestop op 10 jarige ouderdom.
Geen verder vrae. Geen verdere ontleding, geen verdere verduidelikking. Geen verdere redenasie oor geloof, Bybel, geskrifte, geskiedenis, of wat nie.

God, die Allerhoogste, skepper van Hemel en Aarde, regter oor my siel.
Ek het my kinders presies so groot gemaak. Ek het seker gemaak hulle weet van GOD. Net daar het ek gestop en was wel oop vir vrae.
Die stelsel het hulle deur die res - die politieke res gesit.
Moeder se woorde: Glo soos 'n kind, dien soos 'n kind, vra soos 'n kind en wees 'n kind van God.
Klaar.

In jou werk is daar dus oorwegend baie abstrak, baie verwysings, geskriftelike aanwysings ens. Ens.
Allees waarvan ek nie kennis dra nie en niks weet nie.
Ek sien jou werk in absoluut as 'n dienende gebed en vertoë.
Ek dink nie dit sal as poësie of gedig werk nie.
Godsdienstige werke gaan nie af in die skrywers, handel, litteratuur nie.
Dit is 'n vakgebied en bymekaarkom van eensoortiges op hulle manier en plek.
Ek sien dat jy ontsaglik baie werk daarin gesit met reëls en sinne wat moes uitgedink word.
Die Emosie wat die woorde uitspel, skree ten Hemele en is tasbaar.

As skryfstuk ag ek dit hoog
Ek ignoreer dan die godsdienstige aanklank.
7 jaar 11 maande 3 weke 11 ure oud


TER INLIGTING
Hi Kittie

. . . . Nee, ek het gladnie jou gedig anders ervaar as wat ek dink jy bedoel het nie en juis daarom was dit baie goed gedoen en ek glo slegs gelowiges wat besef wat daardie dag gebeur het, sal verstaan en waardeer en daardeur glo.

dankie

raqia
7 jaar 11 maande 3 weke 12 ure oud


Thusia
Wow!
7 jaar 11 maande 3 weke 12 ure oud


Thusia
Ek laai hierdie gedig af op my desktop. Dit is wat dit beteken om alles op die altaar te lê sodat jy kan groei in die Here. Baie dankie Kalaharikind, ons het nodig om dit elke dag te lees.
7 jaar 11 maande 3 weke 15 ure oud


Thusia
Kalaharikind, ek is bevoorreg om aan hierdie diep sielsgebed-gedig van jou deel te kon hê. Dit is 'n weer-en-weer-lees werkstuk!
Baie dankie daarvoor.
7 jaar 11 maande 3 weke 15 ure oud


Ita
pragtig meevoerend
Gestroop van self tot op die been...so meevoerend mooi en eerlik!
7 jaar 11 maande 3 weke 17 ure oud


Thusia
So het elke kind van Hom die versugting om net nader en nader aan Hom te kan kom. So mooi, dankie vir die deel.
7 jaar 11 maande 3 weke 17 ure oud


Dramaties
Geestelike slavin, nakend oorgesprei
deur pynlike vervoering voorberei
om die jou van die self af te skei
sodoende jou totale wese
aan iemand anders toe te wei.

Die verlossing van verantwoordelikheid
Die terugkering van die kind
Laat u vir my oor als besluit
Ek’t my pappa weer gevind

Troos vir die broos
Vader vir sy kroos

Kan jy nog almal se name onthou?
Nee,
My kinders
is almal
gesigte loos

Mens kan nie agter ander wegkruip om van jouself te ontsnap nie. Wees eerder ten volle jouself en aanvaar beide jou goeie en minder goeie kante as deel van jou. Dit is waarom grootmense verantwoordelikheid aanvaar vir hul keuses en hoekom ons mekaar verantwoordelik hou.
7 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud


SWAARGEWIG
Ek voel die gewigtigheid van 'n mens se absolute hartsverlange! Pragtig.
7 jaar 11 maande 3 weke 19 ure oud


offer.....
Vir die geskrewe kan ek net DANKIE se
Vandag offer ek saam met jou!
Amen
7 jaar 11 maande 3 weke 19 ure oud


Offer
Offer geskend, dog gewillig.

Hier is my min brood en paar vissies, gebruik dit Here en vermenigvuldig.

Laat my dink aan: '...let it be a sweet swet sound to your ear..'
Pragtige woorde in hierdie opregte offer!
7 jaar 11 maande 3 weke 19 ure oud


JY IN MY HART INGEKRUIP


. . . . soms vind 'n stuk net aanklank in die hart,
soos hierdie gedig van jou van glo en hoop en smart.

. . . . as twyfelaars en kritici maar net kon besef,
dat hierdie ROTS opgehef en verpletter deur helse vuur,
juis bewys is dat geloof op bewyse oor die tweede dood kon seëvier;

. . . . maar mense is vasgevang in tradisie en godsdiens,

die tradisie van die kerk is totaal onlogies en onbybels,
en tog sal niemand dit kan raaksien,
dit het te ver gegaan en die Gees maak dat hulle slegs die leuen kan glo van dwaling.

godsdiens, is direk oortreding van die tweede gebod,
maar geen leraar durf eerlik met sy kliënte wees nie,
want dan kom sy winkel tot stilstand.

Jou aanhaling uit Romeine 12 is weer 'n sprekende voorbeeld van kerkbedrog, want die woord godsdiens is ingesmokkel:


I call upon you, therefore, brothers, through the compassion of Elohim, to present your bodies a living offering – set-apart, well-pleasing to Elohim – your reasonable worship.
[Romans 12:1 The Scriptures 1998+]

Jou eie liggaam word die OFFER vir aanbidding EN NIE DIE DIENS AAN DIE GODE IN DIE KERK NIE.

DIE WOORD GODSDIENS

Die Griekse woord is G2356 θρησκεία thrēskeia

ceremonial observance: - religion, worshipping.

seremoniële rites van die Meester Messias Y'shua vra net vir die NAGMAAL, (so dikwels as nodig) en die FEESTE wat die KERK geheel afgeskaf en verander het. Selfs onderhouding van die SABBAT eis geen seremonie nie, net liefde in gehoorsaamheid.

RELIGIE, religion, is juis ideologie wat doktrines van duiwels is, en waarteen ons gewaarsku is.

WORSHIP is werdskap (om vereer te word) en het niks met aanbiddingsseremonies te doen nie. Waarlike werdskap is slegs gehoorsaamheid aan die Gebooie.

AANBIDDING is 'n persoonlike kommunikasie met die EEN wat WERDSKAP verdien en dit moet in ons binnekamers agter geslote deur plaasvind want openbare aanbidding word ten strengste verbied. Daar was nooit aanbidding of seremoniële deur die publiek in die TEMPELDIENS nie. Inteendeel was die publiek ten strengste verbied om in die APARTHEIDSPLEKKE in te gaan.

Die Griekse woord G2356 θρησκεία thrēskeia kom slegs op drie frases na vore: (ek plaas die KJV+ om die woord aan te dui:

Which knew G4267 me G3165 from the beginning, G509 if G1437 they would G2309 testify, G3140 that G3754 after G2596 the G3588 most straitest G196 sect G139 of our G2251 religion G2356 I lived G2198 a Pharisee. G5330 [Acts 26:5 KJV+]

Hier word dit duidelik gestel dat die Fariseers 'n sekte was wat godsdiens beoefen het as diens aan die gode en nie werdskap vir YHVH ELOHIM nie.


Let no man G3367 beguile you of your reward G2603 G5209 in a voluntary humility G2309 G1722 G5012 and G2532 worshipping G2356 of angels, G32 intruding into G1687 those things which G3739 he hath not G3361 seen, G3708 vainly G1500 puffed up G5448 by G5259 his G848 fleshly G4561 mind, G3563
[Colossians 2:18 KJV+]


Hier word die religie of godsdiens wat die Kollossense aanghang het, slegs aanbidding van gevalle engele is, m.a.w. aanbidding van die Satan, die spreekwoordelike draak van Openbaring 12 en 13, ens.



If any man G1536 among G1722 you G5213 seem G1380 to be G1511 religious, G2357 and bridleth G5468 not G3361 his G848 tongue, G1100 but G235 deceiveth G538 his own G848 heart, G2588 this man's G5127 religion G2356 is vain. G3152 Pure G2513 religion G2356 and G2532 undefiled G283 before G3844 God G2316 and G2532 the Father G3962 is G2076 this, G3778 To visit G1980 the fatherless G3737 and G2532 widows G5503 in G1722 their G846 affliction, G2347 and to keep G5083 himself G1438 unspotted G784 from G575 the G3588 world. G2889
[James 1:26-27 KJV+]


Mense dink as jy CHRISTEN is is jy GODSDIENSTIG en opreg en reg.

Mense dink dat KERKAANBIDDING op gereelde basis, en TIENDES aan die kerk, en offergawes en uiterlike gedragsbetrokkenheid by kollektiewe kerkaktiwiteite is die regte pad na die religie is die diens aan DIE VADER (v27), maar dis juis hier waar die kerk oor die kole gehaal word, want hulle tem nie die tong wat allerhande valse doktrines verkondig nie, juis omdat hulle geleerd is in die skrif en presies weet hoe hulle die aanbidders in kerke mislei, en tog erken hulle nooit hulle bedrog nie. Matt. 6:1–7, 16–18).

TIENDE IS VEREISTE VIR GESINSVAKANSIE EN DIENS AAN DIE WEDUWEES EN WESE EN ARMES IN DIE GEMEENSKAP, en die kerk beroof hierdie tiendes vir eie gebruik om kerke te bou as woonplekke vir duiwels en onrein geeste om SY VOLK in gevangenis te hou. (lees Openbaring 18)


Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê YHVH van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer? Mag ‘n mens ELOHIM beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê YHVH van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie. [Malachi 3:7-10 AOV]

Die tiendes van BOERE is een tiende van die voedsel aan hierdie Huis van kollektiewe Yisrael. YHVH wil tog nie kos of geld hê nie?

Dankie vir jou inspirerende gedig, Baie dankie.

shalom

raqia
7 jaar 11 maande 3 weke 19 ure oud


Thusia
Pragtig! Ek hou van die beelspel van die natuurlike en die Geestelike.
7 jaar 11 maande 3 weke 20 ure oud


Tikfout
Ai! Dit moes *altaar wees nie *altaal nie...ai!
7 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Thusia
Pragtig. Op hierdie altaal vind ons dan die Lewe. "En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan Sy voete; en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk Ek leef tot in alle ewigheid. Amen..."Opb.1:17,18
7 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar