Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Toe my oog die fluistering van jou lippe vang
klink ‘…ek is nogal lief vir jou…’ na ‘…ek is bang…’
en toe weet ek -deur telkens oor en oor verloor!-
die bloedhond van jou twyfel snuf reeds op my spoor…

Seerverlang vliet sinds, deur my vensters van onthou
van daardie helderdromig’ dieplê maanskynnag
toe ek, ontwakend-hitsig, jou in my arms hou
in gang van vurig’ erotieke spel vol smag !

Ja, in maanskynnagte wat veloersag skemer
in diepnag, wanneer verlang die slaap laat sluimer
deur werking van geluid ontydig opgewek,
bly drup die trane van  jou beeld wat in my lek…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Fluistering
Welgedaan met woorde!
5 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
behalwe die 'vou'...
5 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 19 ure oud


Toe my oog...
Uitstekende skrywe. Raak diep aan die hartsnare
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


***
Pragtig verwoord, K.

[Titel: To > Toe]
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


Oog
Oijojoidis so pragtig en praat met my hart!!
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


Toe my oog die fluister
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die TRANE projek.
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Fluistering
Wat 'n pragtige sielvolle gedig....
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud


Fluistering
Soos Tertius: Briljant.
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


Kommentaar
"Toe my oog die fluistering van jou lippe vang
klink ‘…ek is nogal lief vir jou…’ na ‘…ek is bang…’" - so 'n briljante en kragtige wyse waarop die gedig afskop. Baie goed gedoen.
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud



Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar