Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe droom nog droom was
En paddas nog paddas was
Wat droewig op hul prinses
Se soen sit en wag het

Toe onskuldige kinder drome
Gevul was met idees
van hoe ons Ma en Pa gaan bederf
voor al hierdie drome ‘n stille dood sou sterf

Toe kinder partytjies
Met allerhande tierlantyntjies
Hansworse en hope pret
Nog goed was wat ek wou hê

Voor onskuld verloor was
En sterre verdof het
Toe alles nog moontlik was
Deur kinderlikke geloof

Nou
verstrengel tussen drome oor jou
is my drome net drome
wat my ideale laat wegvloei in waterstrome
en voor ek my oë uitvee
dit laat verpletter in waterpoele
aan die voet van watervalle



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Toe droom nog droom was
en so droom elk nog vir daardie ideale om nie in die niet te verdwyn nie.
5 jaar 1 maand 1 week 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Sirkeldans

    deur Driekie Grobler

    'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar