Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos Eli van ouds het Kees voor die deur gesit
en met almal geskoor wat daar geverby het.
Jy kan maar seker wees hy was agter 'n heining
veilig en knus sonder om aan gevaar te dink.

Dis toe Kees weer 'n slag so wink om die
suurvrou met die wyndruiwe gesig te
tart, wat sy vastrap en oor die heining gly-
Ek dink sy het haar opleiding by
Hestrie Cloete gekry.

Wat Kees agteroor slat, bene in die lug
met 'n moerse sug van skok sy laaste
asem uitblaas. Of so het die antie gereken
en dit sou beteken haar wraak sal nie soet wees nie.

Ek dink nie sy het by 'n begrafnisondernemer gewerk nie.
Want sy was nie vreeslik sterk nie -
Maar die "Hoi, jy sukkel'ie met my'ie" was meer
as net 'n dreigement en sy draai haar hak op sy
fondament, net vir ingeval Kees daar wou opstaan.

Maar Kees se asem was net stadig geskrik.
Met sy een oog het hy tussen die antie
en die deur gemik. Maar toe hy sien sy
gevaar staan by vir die volgende rondte,
kry hy jou-waarlik die aapstuipe, slat
agteroor en verdrink in die kuipe.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ou Kees
haha dankie vir hierdie kostelik gedig, ek het sommer hardop gesmile van lekker kry.
6 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 12 ure oud


kees
Baie prettig, Z. Die storie is knap vertel. Dankie vir die glimlag :-))
6 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


Welgedaan ...
En so is dit toe die einde van arme Kees :-)
6 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 22 ure oud


Kees
Ai tog wat n heerlike storie Zymrly ek ,oes lag maar het hierdie storie geniet
6 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 22 ure oud


hahahaha ...

Ek dink sy het haar opleiding by
Hestrie Cloete gekry. *Ek kan behoorlik sien hoe doen sy daai hoogspring!

Nota: Jou gedig is op Forum geregistreer vir deelname aan die Februarie 2014 kompetisie!
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae oud


Kees
Oulik!
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


***
Klassiek!! Lekker gelag!
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Kees
'n Heerlike mooi storie gedig. Ek was spyt toe dit klaar is.
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


Kees
hehehehe .. ja so is dit ook klaas met Kees
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar