Gedigte

Titel: Toeskouer
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand was Nadine se 21ste verjaardag viering,
hulle was almal daar, die vriende en familiekring.
Ma se eerste kleinkind was vandag mondig,
tienerjare nou verby, jeug is so kortstondig.

Ek kon nie help as om te wonder
waar is al die jare heen,
en ek kon nie anders as wens
dat ek iewers tyd kon leen ...
vir al die kere wat ek so gesukkel het
om Ma vas te hou;
alles waarin ons onsself verstrengel het
het vanaand ontvou:
Ma, niks van daardie seer en kwaad
het vanaand meer saak of sin gemaak.
Al die foute, die verwyte, die blaam,
alles wat ek gelys het langs Ma se naam
is verby, Ma, dis klaar, dis gedaan.

Vanaand het ek Ma se gesig so duidelik onthou,
die groen in Ma se oë, die krul in elke haar,
die glimlag wat so maklik kon bekoor –
soos die mooi vanaand aan my kon klop en klou
het die verlang nie gepoog om my te spaar
en die hunkering na Ma kon ek nie verloor.

Met oomblikke wou ek glo Ma was wel daar,
uit ’n hoek miskien stil-stil na ons gestaar?
Na Pa gekyk, gesien dat hy tog kon aangaan,
na Fransie gekyk, haar geken en haar verstaan,
en Bennie, Ma, hy is 26, hy is al ’n man ...

Soveel tyd het verloop sedert daardie aand,
’n Vrydag in November ’91.
Soms sukkel ek steeds Ma, soos vanaand,
Ma was so jonk, maar net 41.
Sê my, as Ma kon teruggaan,
sou Ma weer die sneller trek,
of sou Ma my eerder nader trek
en sê: “Ek is jammer oor alles, my kind,
vergewe my dit wat ek jou kon aandoen.
Die lewe is te kort om in alles fout te vind,
en alles wat jy altyd sê jy sou anders doen,
kom ek en jy begin oor, begin van voor;
hierdie keer sal ons mekaar nie weer verloor,
ek belowe”.
Sê my, sou Ma?

Ek wens, Ma ... ek wens
ek kon Ma net nog een keer vasdruk,
Ma se hare ruik, Ma se parfuum ...
(Ma was so lief vir You’re the Fire)
Verlang en berou loop warm oor my wang
in my keel raak al die hoekoms verstrik;
in my gemoed bly seer anoniem;
in my wese bly breek en berou vasgevang.

Ek wens, Ma ... ek wens
ek kon die soeke net laat staan;
die verlede losmaak en laat gaan.
Ek wens ek kon soms vergeet om te onthou
Ma was eens hier, Ouma se kind, Pa se vrou.

Maar nie vanaand nie, Ma,
vanaand kon ek sweer elke keer
as ek opkyk, staan Ma by die deur
en sien ons almal daar, 18 jaar later –
man, kinders en kleinkinders vergader;
en wanneer Ma moes omdraai en terug stap
hoop ek Ma het in my hart gekyk en gesien
dat, ten spyte van tyd wat altyd sal aanstap,
ek nooit sal ophou wens vir eendag miskien ...

Ek is moeg vir die verlang
vir die verteer van eenkant staan
wanneer Moedersdag kom en verby gaan.

Ek mis Ma.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtige gediggie
9 jaar 7 maande 4 dae 5 ure oud


Toeskouer
Ek is besig met 'n herbesoek. Ek soek stimulasie en inspirasie. Dan kom 'n mens op hierdie krete af!
Daar het skote geklap en my hart is vol gate geskied! Watter onbeskryflike tragedie! Ek wens jy wil vir my bietjie meer oor hierdie Ma van jou vertel. Ek moet seker maak ek verstaan reg.
Mooi geskryf en 'n regte hartebreker.
9 jaar 11 maande 1 week 4 dae 1 uur oud


Toeskouer
Uiters treffend en baie diep gegrawe uit jou hart, uitgestort met woorde!
10 jaar 3 weke 4 dae 3 ure oud


Sjoe, hoe mis ek nou vir haar!
10 jaar 1 maand 16 ure oud



Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar