Gedigte

Titel: Tommerdag
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In elke bottel
is ‘n siel
hoe dit daar binnekom
is ‘n vraag
maar dat daar ‘n siel in is,
is waar.

Dit is ‘n soldaat se siel.
Wanneer die koeël tref
is dit onverwags en onvoorbereid.

Geen soldaat sien
dat hy getref gaan word nie
no ways
ek is die een wat gaan tref.

Op hierdie onverwagse manier
klim sy siel in ‘n bottel in –
soekend na geselskap
en ‘n kaartjie vir sy reis.

Dis dan wanneer die manne kring,
die leeg bottel toe prop
en dit oor die kole hou.

Na sowat ‘n minuut
word die bottel skuins hemel toe gerig
die prop afgedraai
en met ‘n vlammetjie by die bek
gaan die siel op reis met ‘n
woeeeeeeiiiii . . .!

Ons glo
Jip
ons glo
straight reguit
pyl reguit
high speed
hemel toe.

Nog ‘n soldaat gered
Sy “ jy mag nie doodslaan nie”
afgewas
in onse kele in.

En Tom draai
die bok se tjoppies
vir die laaste keer om.

Die geur is oorverdowend.

Willie F
2014/06/19



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tommerdag
ek onthou lang jare terug toe my broeres nog in die armi was, was hierdie ook n gewoonte om die braaivleisvuur.... dalk verstaan ek nou eers die ontstaan en rede....
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae oud


Willie F se spirit



bottel spirit stry teen klem in kaak,
kaak volmaak vol aap en skaap,

' . . . . jy mag nie dood nie!'

red gesie van kesie in vlesie;
wysheid in kop se dop
later kwater vir katerwater
voel of hart nog klop
dop se kop vol skop en tjop

'Omnis spiritus spiritum homo sapiens!'

elke aap dink hy is spirit sens,
aap se kaap se wyn is wens
wyn maak aap 'n homo mens.
5 jaar 8 maande 1 week 6 dae 23 ure oud


.
Hierdie is vir my besonders.
Ek hou van die idee van die siel in die bottel.
Dit maak vir my sin.

(en ek hou van die fotos)
5 jaar 8 maande 2 weke 2 ure oud



TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar