Gedigte

Titel: Tongval
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met die grensloosheid van woorde
het ons talle perke oorskry:

die oerknal van klank
het harte na benede laat val  
soos sweepslae oor geboë rûe

tussen duine van die tong
het die siel voortgesleep
na waar die son water lek

en die woestyn is gewetenloos -
ʼn oase wink
waar warm lug swymel

***

Tog is daar water
onder die dorre aarde:

die Kompas wat koershou
stuur karavane in 'n rigting
waar fonteine sing 

vrugtebome groei daar,
ʼn lushof van dadels en vye
waar palmbome wieg -

by die blywende Bron
en standhoudende stroom 
waar lippe lewe spreek.

© C. Potgieter 2013-07-11



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspeling
lekker woordspeling.
Goeie beeldspraak.
Goeie werk.
6 jaar 7 maande 2 weke 13 ure oud


Charmain*
dis pragtig! Daar is altyd 'n Oase, ja!
6 jaar 7 maande 2 weke 18 ure oud


Oase
Na waters van rus....

Deur die droogtes van die lewe met 'n goeie opbou na die bevredigende slot.

Goeie beeldspraak ook. Jy mag maar, jou nuwe styl 'n vreugde!
6 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


woordeswaard
Woorde op die tong, is soos'n twee snydende swaard in die hande van die draer daarvan... hou baie hiervan.
6 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar