Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek kyk na jou gesig waar jy -gister nog-
hartlik langs jou vrou staan en lag
terwyl my oë melkerig soos ‘n glas`oog
verstar waar ‘n toonlose requiem
mantra`gewys in my ore v u v u z e l a
terwyl jou seun groot`oog- vraend-
vinger- in- die- mond staan en kyk hoe
die swarthoutkis waarin jy lê moei-
saam opgetel word voordat die draers
s t o k k e r i g vorentoe begin loop
op pad na iewers waar ons jou vandag
moet laat gaan.

As my brein dit -nou nog nie- eens kan
absobeer nie hoe moet die stomme`
kind jou skielike weggaan v e r s t a a n?


© Outeursreg – Willemien H S Lewis – Alle Regte Voorbehou
VERSTEEND soos lot se vrou
ISBN 978-0-620-54709-3
2013-01-25


Notas: Wikipedia

- A REQUIEM or REQUIEM MASS, also known as Mass for the dead (Latin: Missa pro defunctis) or Mass of the dead (Latin: Missa defunctorum), is a Mass celebrated for the repose of the soul or souls of one or more deceased persons, using a particular form of the Roman Missal. It is frequently, but not necessarily, celebrated in the context of a funeral.

- The term MANTRA is traditionally said to be derived from two roots: man, to think; and the action-oriented suffix -tra. Thus a mantra can be considered to be a linguistic device for deepening ones thought, or in the Buddhist context for developing the enlightened mind. They have also been used as magic spells for purposes such as attaining wealth and long life, and eliminating enemies. In daily living, many thought the pronunciation of the mantra was not important to take its effect and the expected effect may not happen because of fixed karma, or because there appears a better way to solve the situation.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Toonlose requiem...
Baie hartseer en werklik, hoe kan 'n kind dit verstaan...voel die seer...
6 jaar 5 maande 4 dae 17 ure oud


Hart-breek...
maar het jy ook opgemerk hoe ongelooflik mooi die meeste requiem musiekstukke is?
6 jaar 5 maande 6 dae 5 ure oud


verstaan
foeitog. Ja hoe verduidelik mens dit aan n kind. Hoe neem ons hul trane weg van vandag, more en oormore. Dis mooi geskryf.
6 jaar 5 maande 6 dae 9 ure oud


:-)
Baie goed.
6 jaar 5 maande 6 dae 11 ure oud


Toonlose requiem
Om vir altyd Totsiens te se is die hartseerste dag in mens se lewe, dit laat mens stom en woordeloos agter by n oop graf. Jy het dit met soveel gevoel vasgepen!
6 jaar 5 maande 6 dae 19 ure oud


--
Dankie Rudi, ek het die spasies tussen die lyne reggestel en dit lees nou beter.
6 jaar 5 maande 6 dae 20 ure oud


die weervoorspelling
Sekerlik verstaan nie eers grootmense regtig waarom iemand moes doodgaan nie.
Onverwags(baie maal).
Onbeplan(meestal).
Dood is iets wat die woord>'as',baie gebruik laat word.
(en dit het niks met veras te doen nie).
Baie maal laat dood ons ook met skuldgevoelens(oor ons eie tekortkominge...en ons eie failures......)...

Al wat van die vers pla is die manier hoe dit gespasieer is.....(ek like mos nie sulke reuse spasies tussen reels en strofes nie)....
6 jaar 5 maande 6 dae 23 ure oud


Weggaan
Dis 'n pragtige, somber gedig.

Daar's 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan en hartseer tog, is daar altyd iemand wat agterbly.

6 jaar 5 maande 1 week oud


Mantra...
Beleef 'n mens elke emosie so intens hier uitgebeeld. Ek het nie woorde nie, is net stom en diep geruk. Jy is een van die min skrywers wat my wese so diep kan aangryp! Puik!
6 jaar 5 maande 1 week oud


.
Ek hou van die vloei van hierdie gedig ... dit sleep jou saam asof jy daar staan en alles om jou gebeur maar niemand sien jou nie ... (as dit sin maak?)
6 jaar 5 maande 1 week oud


Verslaan
Melkerig soos 'n glasoog....

Laat mens net weer besef hoe vinnig matte onder mens kan uitruk en watter impak dit op kinders het.

Die mantra gee nuwe dimensie.

Dankie vir die Ns. en foto, dit voeg waarde toe.

Soos al jou werk, skitterend!
6 jaar 5 maande 1 week 1 uur oud


toonloos
Goed, hartseer maar werklik, goeie uitdruk van emosie :)
6 jaar 5 maande 1 week 1 uur oud


Verstaan
Seer.
6 jaar 5 maande 1 week 3 ure oud


O
Die beeld van wat was en wat kom ....dis sad
6 jaar 5 maande 1 week 3 ure oud


Mantra
Baie goed Warra-Warra. Mens sien die gebeure voor jou afspeel en voel saam die verslaendheid aan.
6 jaar 5 maande 1 week 4 ure oud


Hoe
sjoe.. voel of ek self groot oog staan en toekyk .. baie mooi verwoord.. diep en eina gedig.. puik verwoord
6 jaar 5 maande 1 week 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar