Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons lekker tyd by die rivier,
dit was jou laaste lewens uur!

Dit was altyd jou manier,
om die rivier aan te gluur!

Jy was wild, soos ‘n tier,
jy het jou lewe, soms rof bestuur!

Jy kon nie anders, dis wie jy was,
dit het by jou, as mens gepas!

Jy was vir niemand ‘n las,
jou by almal se giere, aangepas!

Met niemand was jy ooit kras,
nooit met iemand baklei of geraas!

In jou kis, lê jy nou, mooi versier,
jy sou wou hê, ons moes partydjie vier!

By die rivier, sal jy nie meer wees,
jy’s nie meer hier, maar ek voel jou gees!

Jy, was eens vol lewenslus,
my vriend, ek gaan jou baie mis.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Totsiens
Baie goeie gedig.Jy het hierdie
persoon goed geken. Sterkte in
hierdie tyd,dink ek aan jou.
14 jaar 2 weke 4 dae 17 ure oud


Jou vriend verloor
Van iemand wat nou kort 'n dierbare vriendin verloor het - my innige simpatie. Mooi geskryf...
14 jaar 2 weke 5 dae 4 ure oud


Totsiens
Buksie, ek het ook 'n vriend verloor in 2006. (Sondagmiddag teer, RRVVE) Jou gedig het trane in my oe gebring, want ek weet hoe dit voel. Sterkte Chomma.
-=P=-
14 jaar 2 weke 5 dae 5 ure oud


Buksie, ek is jammer oor jou maat wat jy verloor het. Die gediggie is egter baie goed geskryf. Jy het 'n groot talent en ek hoop ons gaan nog baie van jou werke hier sien.
14 jaar 2 weke 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar