Gedigte

Titel: Totsiens
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

weer moes ek sê
totsiens
moes ek jou sien gaan
met onsekerheid
in jou oë

weer moes ek toekyk
hoe jy van my wegry
met hartseer in my hele wese
wou ek jou keer
maar ek moes jou laat gaan

weer moes ek ‘n traan keer
my kop laat sak
‘n moedersgebed
uit my hart vir jou smeek

weer moes ek jou vlerkie knip
jou toelaat
om die vreemde in te gaan
jou vryheid gee
my in eensaamheid agter laat.

© ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Weereens . . .
so hou hulle ons op ons knieë né, Ans?

Baie mooi gedig!
4 jaar 11 maande 1 week 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar