Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daardie dag het 'n gesig verskyn
ek was nie daar, tog my siel was jou by.
Waarom gewag tot dan en nie vroeër hulp gekry
sonder 'n afskeids woord het jy verewig verdwyn.

Daar was geen traan by die graf op my wang
want Ma, jy was nogsteeds naby my.
Ek het na die graf tweekeer gery
en niks daar gesien, gekry van belang.

Geen blom op die graf sal kan sê,
hoeveel ek jou in my swye mis.
Soms wanneer ek bel wil ek hê,
dat jou stem en gesig moet wegvat die gemis.

Dankie vir alles wat jy vir my moes ontbeer.
Jy het altyd jou beste vir my gegee.
Soms het dit gegaan met broekskeur.
Dankie, het ek dit maar gesê lank gelee.

Het ek maar soms meer vir jou gedoen
Al sê ander jy was nie die beste,
maar vir my was jy die heel beste.
My wange blink, ek kan jou nie weer soen.

Jy was die eerste vrou wat ek geken het.
Jy was die eerste om my te lief.
Jy was die eerste wat ek afgestaan het.
Jy is die eerste vir wie het gelief.

Ma vir my is jy nog steeds daar,
al is dit net die hartseer in my aar.
Soms kuier jy nog, maar net in 'n droom.
Verewig sal jy wees 'n stille rivierstroom.

Tyd van finale afskeid was nie daar
Afskeid gaan ek nie nou verklaar.
Herontmoeting is eersdaags aan die gang?
Mamma, moenie te veel na my verlang.

22 Desember 1995



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Totsiens Ma
Vol verlange en liefde uit die hart. Mooi!
8 jaar 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar