Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Witgeverfde traliehek - onnatuurlik skeiding
Binnekant jy alleen, buitekant maar net ek
Harte wat huilend, smekend sug van lyding
Wat beteken hierdie wit, ysterswaar traliehek?

In ons n liefde wat skaam-skugter bloeisels blom
Hoe gebeur dat jy hierdie en ek anderkant kom?
Bloeisels klein en pienk bloei tog aan één boom
Of is dit net, tot niks gebore, in jou en my droom?

Tussen my en tussen jou, hierdie ysterswaar
witgeverfde traliehek....wat vas staan en uithou
Wat ongenooide gaste aan my kant skaar
Met yster vasgesweis en in sement gebou

Jou handjie fyn vat swaar tralie stewig vas
Asof n warrelgreep na dit wat is, wat was
Jou gesiggie verwese, verwond, verdwaas
En ek, ek staar donker nag in om vir oulaas
Hierdie handjie fyn... hard vas te gryp
my gedagtes aan jou rond af te slyp

Sien ek jou met vraagtekens op gelaat my aankyk
In die donker te sien hoe die swaar ook in my oe lyk
Sag-benoud jou fluisterstem as jy anderpad loer
“hoe kom ons, o tog, hoe kom ons ooit hier uit?”
Gaan werklikheid altyd oor hart die botoon voer?
Gaan n witgeverfde traliehek ons dan altyd stuit?

Brandend, bruisend, wanhopig vra my siel na jou
Jy wat jou lyfie bewend styf teen traliehek vashou
Kyk ons magteloos deur tronktralie na mekaar
Of ons daarin nog greintjie lewe, hoop gewaar?

Twee harte, twee mense, twee van gees,
wat een in bloeiseltak en vrug wil wees
Maar witgeverfde traliehek staan wyd en hoog
Tot siel en gees verdwyn onder sterreboog.

Witgeverfde traliehek staan oor jare dan heen
Rooi geroes as getuie van harte wat ween
En wat het geword dan van jou en my
Wat agter hierdie traliehek saam wou bly?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Traliehek
Bitter is die smagting na 'n onvervulde liefde. Die ewige verlange wat bly en bly.
7 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


traliehek
Treffende gedig, deurdrenk met hartseer en wonder, goed geskryf Stefan :)
7 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


traliehek
Sjoe dis hartseer Stefan. n Mens betaal soms duur vir jou foute en soms n ewigheid, ander weer met hul lewens. Dis n teer saak die. Baie emosie- die hartseer en verlange en n droom wat nooit bewaarheid word nie.
7 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Susanna Maria Magdalena

    deur Lorelei

    Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar