Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy staan op haar verlate plek
en weet nie wat nou nie .
Dis n diep donker seer ,
jy gaan deur n swart tonnel ,
en weet nie waarheen nie .
Dis net n eindelose gat .

Daar is niks waar sy was nie ,
maar elke oomblik skree iets .
Nee , jy sal nie maar net reg wees nie ,
dis nie net oukei nie .
Jy gil , en gil , en niks kom uit nie ,
jy huil , en huil , en dit bly seer .

Jy sit vir haar blomme op maar vat vir haar jou ,
daaraan klou jy vas , verbete ,
want jy is bang jy vat vir haar niks ,
en elke oomblik verloor iets .
Jy gee , en gee , en kry niks terug nie ,
jy wag , en wag , maar jy bly net daar .

Jy sal stukkend bly ,
jou met haar skerwe sny ,
tyd is net n bodemlose put
waarin jy bly val , net dit ,
jou siel bly uit geruk ,
jou lag bring geen geluk .

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

trans seer
dis nou regtig seer op groot skaal. ja soms wonder mens is die geveg die moeite werd
4 jaar 9 maande 1 week 14 ure oud



Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar