Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bibber
teen die treurwilger.
Die misreën sif ongenadiglik en ysig neer.
Dit was ‘n fout om in die maanlig te verkeer.

Nee: een keer is ‘n fout wat versny.
Hierdie keer het ek gekies om dit te doen.
Die treurwilger se dun, blaarbedekte takkies vou beskermend om my.
Hulle is dieselfde groen as ‘n ghoen.

‘n Glimlag pluk-pluk aan my mondhoeke en om my oë.
Dan onthou ek met misnoë.
Dit sou so maklik gewees het om ander te blameer vir vanaand se fiasko.
Maar ék het gekies; watwo!

Dit was my besluit om weer te heul met die Feë.
Trane meng met die reënmis.
Twee kabouters hardloop verby en grynslag terdeë.
Ek bewe innerlik met geen laafnis.

Verhoudings is nie ‘n misterie nie.
Almal het presies die tipe verhouding wat hulle verkies.
Al glo hulle dit nie.
Om die Feë in my lewe te verwelkom het ek gekies.

Keuses begin op mekaar te bou.
Soos my keuse om mense op ‘n afstand te hou.
Ek het gekies om vanaand wéér uit te gaan na een van die natuurgeeste se feeste.
Al was die vorige keer ‘n groot fout.

Die pret was net ‘n mite.
En nou – noudat die begoëling vervaag het –
kan ek skaars glo wat ek in die flitsende ligte
in die donkerte van spierwit skuim gedoen het.

Ek het my verskriklik misgis, besef ek nou hier onder die wilgerboom.
Elke glimlag was ‘n grynslag.
Elke verwelkomende blik een van hoon.
Die vorige keer was ‘n fout; gepunktueer met ‘n donderslag.

Maar dit was verslawend.
Almal ken die sprokie:
almal weet dat die Feë nie goed of sleg is nie.
Die stories is verkéérd!

Wat almal weet is net ‘n idee.
Dis iets wat almal kies om te glo.
Nes die bose geeste in Rossetti se gedig is die meeste Feë.
Nie iets spesiaals van Bo…

Poetse en raaisels waarmee hulle treiter terwyl elke woord en daad drup met venyn.
Die wilgerboom vee my trane af en die siek, vuil, gevoel binne kwyn.
Oukei, so daar is Feë wat aangenaam en vriendelik is.
Goeie Feë is maar minnerig – tog is dit rede genoeg om hul geselskap te mis…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Triesterige Keuses
So kies ons maar weer dieselfde roete na die hartseer terug...
4 jaar 3 maande 3 dae 10 ure oud


Kies
Heel uniek! En jy gebruik pragtige woorde:
Ghoen....hoon.... punktueer...venyn...watwo...
Bly jy't gekies om hierdie gedig te skryf.
4 jaar 3 maande 3 dae 18 ure oud


keuses
mooi gepen
4 jaar 3 maande 4 dae oud


keuses
Misnoë en eensaamheid hier goed saamgevat.
4 jaar 3 maande 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar