Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met ‘n swart bril

met my oë gerig op die toekoms
trek die skaduwees my blik af
af – grond toe en af in gees
alles lyk vir my duister
selfs my metabolisme
wil staak en gaan lê
hoe harder ek probeer
hoe nader beweeg ek aan
die afgrond van duistere gedagtes
daar geland, moet ek klou aan wat daar is
om nie oor die ewige afgrond te gly

met ‘n wit bril

met my oë gerig op die hede
trek elke sonstraal my aandag
op – in die blou lug daarbo waar
meeue en die arende sweef
selfs my gees wil saam juig
en jubel van vreugde
die ene energie
straal ek uit

sonder bril

met net my onbeskermde oë
staar ek strak na die volgende bulte
opdraendes wat my uitdaag tot meer
slegs met geloof, hoop en liefde
kan ek “alleen” die pad aandurf
daarsonder sou ek faal
sou ek nooit die
eindstreep haal

©Teárlach
(..hello darkness, my old friend…)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Trilogie
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
3 jaar 11 maande 1 week 1 dag 10 ure oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar