Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy wat nie stil
in gedaante staan –

jy wat so diep
in tyd verdwaal
en op die maat
van die donker
nag beweeg,
al bly jou
treë leeg

Kom spook
vanaand by my,
kom vertel vir my
waarheen wind se kind
ons vrae begelei

Is jou talm ook so seer
soos jou kyk,
of probeer jy vir my
‘n ander storie vertel
as jou sagte stap
gekreukelde stukkies
van jou lewe uitlap?

Kom, voer gister se soet vir my
tot dit bitter word,
tot ek verstik aan verstaan -

waarom jou rustelose siel
nie kniel,
voor al die trane wat droog
op die hemel se vloer lê en wag
om gehuil te word

~©Karen van der Merwe



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Ek is lus om te sê; "Bliksem! Hierdie is 'n goeie gedig."
Ek het vandag maar min goeie werke raakgelees op Woes.
Jou leestekens het my nie gepla nie, want die gedig vloei pragtig.
5 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Troetel my ...
Kom, voer gister se soet vir my
tot dit bitter word,
tot ek verstik aan verstaan

treffende woorde.. so bitter graag wil jy verstaan. Mooi gedig.
5 jaar 10 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


hemel
Nes Viooltjie, is ek ook mal oor jou slot, en oor gekreukelde stukkies van jou lewe uitlap.

Puik werk!
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud


Troetel
waarom jou rustelose siel
nie kniel,
voor al die trane wat droog
op die hemel se vloer lê en wag
om gehuil te word

Dis uitmuntend gestel!
5 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


!
Treffend!
5 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 1 uur oud


-
Dit gebeur nie gereeld nie, maar ek is onbeskaamd jaloers op die titel van die gedig. Hoekom het ek dit nie uitgedink nie? Dis absoluut briljant! Die res van die gedig steek ook nie af nie (let net mooi op punktuasie). Vuur gaan dit bietjie herkou en weer kom lees.
5 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud


mars
Goeie werk Karin. Jy beïndruk my altyd met jou gedigte. Altyd uniek geskryf...
5 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


***
gedaante/diep/verdwaal/donker/leeg/spook
as jou sagte stap
gekreuekelde stukkies
van jou lewe uitlap . .. .

briljant geskryf. hou daarvan.
5 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


.
"waarheen wind se kind"
"tot ek verstik aan verstaan"

dit staan vir my vreeslik uit hierdie vreeslike nice gedig.
5 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


. . . . Dodemars
Fiksie is die een manier
Maar regtig-egtig is ook nie verkeerd

In beide gevalle beoordeel, is dit 'n interessante werk.
5 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


Troetel
Daardie intime deel....daardie weggee en vertrou dat die inhoud bewaar sal bly - gedeel word - die saam verstaan....
Baie gehou van jou benadering
5 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


die weervoorspelling
like dit.
het n paar special deeltjies.
5 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar