Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

By die T-aansluiting
van ‘n twee-spoor pad
het ek haar gelos
en laat vat,
haar skouertjies het gehang
en kop geboë,
duidelik was sy bang.

Traangevulde oë het gepleit
terwyl sy my agterna staar
maar ek laat haar daar
in stille selfverwyt.

Soos die kilometers verby snel
soek ek haar in die tru-spieël
maar in die stofwolk wat dwarrel
is die dogtertjie-beeld verniel,
die lewe druk mos knel
met ‘n dolle gejaag en geskarrel.

Soms wonder ek of sy nog lewe
en kon sy my vergewe?
Of is die kind in my,
al lankal dood?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Truspieel
Awh! Ek hoop jy kry haar - sy kruip net bietjie weg. As jy saggies roep gaan sy kom, belowe!
4 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


Tru
Ek glo sy leef nog! Vind haar!!
Pragtig!!!
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Tru spieel
'n Mooi gedig, hou veral van die laaste strofe.
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


tru spieel
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


Tru-spieel
Wow gedig. Wat help dit ons kyk terug? ons kan net vorentoe. Tog glo ek daar is iewers steeds bietjie kind in elkeen van ons.
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


tru-spieël
Die mens hou daavan om gedurig in die tru-spieël te kyk wat nie meer herwinbaar is nie.
4 jaar 10 maande 4 weke 4 ure oud


Tru spieel
Somtyds as ek so by myselwers dink dan besef ek eers werklik hoeveel ek eerder graag weer 'n kind sou wou wees. Dink net aan al die probleme wat jy nou het, toe het jy nie probleme en kopseer gehad nie.
4 jaar 10 maande 4 weke 11 ure oud


Hmmmmmmm
Goed geskryf. Ja, ons verloor soms ons kindwees langs die pad. Hopelik net tydelik. Ek glo mens moet verkieslik ten minste so 'n stukkie van die optimisme van 'n kind in ons behou...
4 jaar 10 maande 4 weke 12 ure oud


A
Soms wonder ek of sy nog lewe
en kon sy my vergewe?
Of is die kind in my,
al lankal dood?

..... Kinders het soms 'n onrealistiese blik op die lewe... maar mens wonder maar altyd!

Hierdie is fantasties! Iets wat mens maak aanhou lees!
4 jaar 10 maande 4 weke 15 ure oud


tru spieël
Joey hierdie is n treffende werk en beslis een van jou bestes
4 jaar 10 maande 4 weke 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar