Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Hier is my poging vir Naas se gedigstruktuur – Tru-vers.
Die eerste vers lees van onder na bo in die laaste vers.

Suidoos - Woedekind.

A1 Jy ruk en pluk aan my nate...
B1 hoekom is jy so kwaad?
A2 om kalm te bly is ‘n bate,
b wat sal kwaadwees tog baat?

c jy jaag verwoed oor die water,
a dryf die sand af in die strate,
c al hoe later, al hoe kwater...
A1 ruk en pluk jy aan my nate. (Eerste reël van vers een herhaal.)

d Jy huilgil deur die vensters
b in doller as kopaf vaart
d en klits alles om jou flenters.
B1 Hoekom is jy so kwaad? (Tweede reël van vers een herhaal.)

e Die geloei stem my so onrustig,
a seer met verlange, verlate,
e totaal opgewerk en ontstig.
A2 Om kalm te bly is ‘n bate. (Derde reël van vers een herhaal.)

b Jy is soos ‘n woedevraat...
A2 om kalm te bly is ‘n bate. (Derde reël van vers een herhaal.)
B1 Hoekom is jy so kwaad? (Tweede reël van vers een herhaal.)
A1 Jy ruk en pluk aan my nate... (Eerste reël van vers een herhaal.)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:-)
PM - Jy mag maar hoor! Pragtig
8 jaar 2 dae 11 ure oud


Tru-vers-gedigstruktuur. Suidoos Woedend.
Baie interessant! Dankie vir die deel! As my koppie nie te klein is nie gaan ek ook probeer!
Mooi bly!
9 jaar 7 maande 4 dae 21 ure oud


Tru-vers-gedigstruktuur. Suidoos –Woedekind.
Sal dit maar vir die pro" s los"-)
10 jaar 6 maande 5 dae 17 ure oud


Dit is baie slim geskryf. Ek hou van hoe die woedevraat weer by die eerste strofe se kwaadwees aansluit. Voorwaar 'n uitdagende vorm.
10 jaar 6 maande 5 dae 19 ure oud


Goed geskryf. Dankie vir die nuwe gedigstruktuur. Om in 'n bepaalde gedigstruktuur te dig is nie so maklik nie.
10 jaar 6 maande 5 dae 21 ure oud


Ek het probeer om die gedigstruktuur uit te wys, maar ongelukkig het die spasies 'n bietjie verlore geraak en ek kan dit nie verander nie. Jammer dat dit nou moeilik lees, en dankie vir die geduld.
Probeer asseblief hierdie struktuur, dit is heerlik om te skryf.
Ek sal graag help as iemand sou vashaak.
Liefies,
PM
10 jaar 6 maande 5 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar