Gedigte

Titel: Tuiskoms
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek het jou hartseer myne gemaak
met bidwoorde aan Sy soom geraak
gestoei, gewroeg-
getwyfel en gehoop

toe jy vanoggend hier inloop
het ‘n reënboog in jou oë gelê
en daar was heuning in jou sê

jy het weer my kind geword
dié ene met die kuiltjies en blink oë
wat huppel, skaterlag
oor elke goudgeel dag
dié kind wat droom
en wéét God sal ons nooit vergeet

dié kind wat lewensbly
so kosbaar is vir my



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tuiskoms
Net n moederhart kan dit so mooi verwoord.
6 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


so sag
en innig. Pragtig
6 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


>>>
Geen tuiskoms beter as dit!
6 jaar 8 maande 5 dae 13 ure oud


*
Ongelooflike mooi gedig waarmee elke moederhart kan vereenselwig!
6 jaar 8 maande 5 dae 22 ure oud


verhoor
Hoeveel wierooksgebede vir ons kinders styg elke dag op na Sy troon?

'n Gedig wat my hart warm maak. Ons gebede word verhoor, elke dag!

Dankie hiervoor, 'n vers om te troetel
6 jaar 8 maande 6 dae oud


so pragtig
So mooi, gee my iets om aan te dink!
6 jaar 8 maande 6 dae 1 uur oud


Tuiskoms
Pragtige gedig ... iets wat beslis vandag in my gedagtes gaan bly. PUIk!!!
6 jaar 8 maande 6 dae 2 ure oud


:-)
Besonderse stukkie werk.
7 jaar 17 ure oud


Tuiskoms
Pragtig en so vreugdevol!
7 jaar 2 weke 21 ure oud


Tuiskoms
Skittervers wat my sommer hoendervleis gee...
7 jaar 2 weke 1 dag oud


Tuiskoms
Soms kan ons net bid...die res moet ons aan Hom oorlaat...mooi geskryf
7 jaar 2 weke 1 dag 16 ure oud


*
Pragtig!
7 jaar 2 weke 1 dag 16 ure oud


Tuiskoms
Pragtig. Hou hiervan
7 jaar 2 weke 1 dag 20 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar