Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

meteens was die
aggressor ’n lotus wat trane
in my hande
stort
’n verweerde god wat peinsend
met behulp van
afgeskilferde porselein die aanvraag
na tragedie stuit
daarmee saam die blare van herfs en
hordes miskende genade wat
bloedstrepe oor sneeuwit wolke
verf
hemelliggame wat protesterend in
dwang van wanbegrip hul
sikliese beswymings aan oop grafte
verkoop
my bleek aangesig palm onrusbarende vrede in
met die swaai van ’n misbegaande woord in
sy afwagting, troon die hemele bo
puinhope van aanmekaar gestikte
lyke uit
die flou sekelmaan groet
’n melaatse sterweling en ek verwyt
die spieëlbeeld van ’n vreemdeling in die
opgedroogte meer




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tuiskoms
diep woorde hier gepen... ek hou van jou slot...

... die flou sekelmaan groet
’n melaatse sterweling en ek verwyt
die spieëlbeeld van ’n vreemdeling in die
opgedroogte meer
5 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Schalk Le Roux
Schalk Le Roux
..
Ek hou hiervan!
5 jaar 3 maande 4 weke 5 ure oud


Tuiskoms
Hel Tersius -

Hier begrip ek nie 'n duit van
Klink na 'n Babelse verwarring wat op niks uitloop.

Dalk effe verhewe bo die intellek van die gewone
Mag dalk tog letterkundig wees,
5 jaar 3 maande 4 weke 5 ure oud


E A POE
Ek herhaal: die Afrikaanse Poe.
5 jaar 3 maande 4 weke 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar