Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sluit dig die deur van donker stormnag -
skaaf die ruwe onheilswande
van veragtelike bloedskande
Verberg dit van die nuwe lewe wat wag

Onbepland (dalk onverdiend), die sege
om heerser te word, met skouers te klein
- meegaande met allesoorheersende grootword-pyn -
om hierdie verantwoordelikheid te aanvaar op skrale nege

Herhalend, die familievloek -
begeef hom vroeg in ‘n huwelik
met sy geliefde half-suster en vind geluk -
soos opgeteken in die geskiedenisboek

Twee ongebore fetusse se siele swerf
in bouvallige tempels
met deurgetrapte drempels -
beide wou hy red voor hy jonk sou sterf

In Egipte is hy nooit geëer of beskou as begaaf
- in die dood word hy tog die mees vermaard -
al het hy as farao nie gesterf soos ‘n held aan die swaard
word hierdie seun-koning in ‘n weelderige grafkelder begraaf

In die Vallei van menige Koning
- sy liggaam op ‘n goue sarkofaag, in linne toegedraai -
daar het die gode hul rug op hom en die land gedraai
Sy vervloekte grafkelder, die jong farao se ewige woning



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar