jy trap op my voet
'Deksels' dit voel soos vlamme
eina - sjoe geitjie!
Waar gaan die seerkry eindig
die diep spoor wat eina trap
tussen eina en amen
is dit soms moeilik
om trane te wen
'n Eina in die hart
siel of gemoed
dankie "Liewe Heer"
dat U die eina-ouches
beter maak
deur sag daaraan te raak
Herinneringe en heimwee
maak eina soet
maar die seer bly skree
in 'n spatsel bloed
Lees ander gedigte deur Suzette Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.