Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek was laat laasnag weer wakker
en het op my iPad sit en speel
toe ek - opeens - die begeerte kry
om my gedagtes met jou te deel

ek tik toe vir jou 'n boodskap
(in my slapelose uur)
maar ek wis nooit jou adres nie...
toe raai ek maar...en STUUR

*

maar wat as hierdie boodskap
nooit jou Samsung tablet vind
is dit dan vir ewig...
tot verdoemenis verbind?

miskien...sal dit opstyg
tot op die hoogste pieke
van die berge in Franshoek
of, moontlik sal dit hoër vlieg
en in die kraters van die maan
na jou gaan soek

dalk sal dit tussen wolke
sommer so...
in die mistigheid verdwyn
of skielik - met 'n bliksemstraal -
in helder lig verskyn

en kom dit dan terug aarde toe
om op oseane te kom rus...
totdat branders dit gevange neem
en verpletter teen die kus
waar kinders dit sal opskep
en in sandkastele smee
totdat springgety se vloedwater
net weer alles...plat kom vee

*

maar, indien my epos boodskap
jou tablet uiteindelik vind
waar jy...
(in middernagtelike ure)
jou tot epos lees verbind

sal jy dan...in die donker nag
- terwyl my woorde na jou staar -
dit dieper neem as veldiep
en in jou hart bewaar?

Want...
(tussen my iPad en jou Samsung)
na al die jare wil ek net sê:
dis na jòù...
na wie ek steeds verlang




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

iPad
my eerste keer wat ek dit lees...

Dis sooooo cute! Dit lees lekker, catchy titel en pragtige inhoud =)

Vrede*
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 2 ure oud


***
Slim geskryf! Puik soos altyd!
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 11 ure oud


AS...
dié ou die boodskap kry, is hy sommer dadelik daar. Mooi!
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 19 ure oud


***
Baie oulik!

Dalk die 'private number' wat so af en toe probeer deurkom...
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 22 ure oud


die weervoorspelling
freakin awesome titel.
(jaloers daarop)
maybe is jy lucky en onderskep die VSA de intelligensie services jou boodskap..en deliver dit aan jou Samsung eienaar.
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 11 ure oud


iPad
Volpunte en wie weet dalk net dalk ontvang jy BB,SMS, of vreemde tog bekende boodskap terug.
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 11 ure oud


.
Dis regtig baie mooi.
Ek het die reis saam met jou woorde geneem en dit gevoel.
(laat my dink aan hoe dit moet lyk so as 'n boodskap van 'n device na die sataliet toe opskiet en weer afskiet na die ander ene ... )
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 11 ure oud


Tablet
Dis regtig baie oorspronklik en ek sal van nou af hierdie gedagte by my koester, in die slaaplose uur van die nag.
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 12 ure oud


oorgedoen
Hierdie is een van my eerste gedigte hier op woes. Ek het dit so 'n bietjie oorgedoen. Ek het dit oorspronklik baie geniet om hierdie gedig te skryf en nou weer ook hierdie oorskrywery.
Oorspronklike titel: 'Van my ipad na jou ipad'. Indien jy vir die eerste keer lees...baie dankie. Indien jy die ou weergawe gelees het en nou weer die nuwe een...'n baie groot dankie..
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Voedsel vir die Siel

    deur Snuffelgids

    Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar