Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



sy omvou talryke emosies met haar
roukleed wat soggens
ons harte teen die son se gloed
verskans

tussen geboortes van stiltes en
pynpille wat twee-twee uit
die kas verdwyn is daar
darem nog die perverse energie – aangesig
van tweeledige liedere wat hul
skatte tussen swaar note van
orrelspel versteek

veranderings wat soos wind oor
hierdie wildernis swiep is
stagnasies wat my koors roekeloos
laat styg

haar wekroep word tussen
my breinlobbe gevange
geneem

as ek net kan teruggaan na waar
ek as kind grootoog na ouma gesit en
kyk het

“eendag as jy army toe gaan moet jy
jou eie knope aanwerk
my kind”




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tussen nou en toe
die teenstelling van toe en nou word so uitstaande vasgepen!
4 jaar 4 maande 4 weke 7 ure oud


toe en nou
Partykeer is dit beter om in die "toe" te verkeer om die "nou" 'n punt te bewys. Mooi opbou na onverwagte slot.
4 jaar 4 maande 4 weke 12 ure oud


die weervoorspelling
dis nou ook tyd om te leer om n onderbroek te stop.

ek hou hiervan....

dink ons almal verloor iets van onsself..van kind af tot nou.
en die lewe se mallemeule los maar sy scars.

een voorstel(ek haat mos die word omvou in n poem..); wat van: omarm.?
4 jaar 4 maande 4 weke 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar