Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

 

my ink is droog
die bloed in my are
het taai geword
daar waar die vreugde vure was
le stukke versplinterde glas

oranje herfsplare
waai deur my gemoed
en soms trek 'n
stukkie weemoed
so aan die kant van my oe

wanneer die strale van die dag
so soen soen vat aan die nag
trek my gedagte kringe
en ek wonder of
jy ook so nou en dan onthou
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek voel dit
Jis my tannie man!! ek relate!!!
Is die n bose kringloop......
8 jaar 4 maande 19 ure oud


Weemoed
herinneringe oor wat was en wat nou is. Eina-seer en treffend verwoord.
8 jaar 8 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


Ek weet
Hi my tannie< ek is met jou op die een hoor!! 40 seisoene kan maar kom en gaan dit gaan nooooooooooooit weg nie!!!
8 jaar 9 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


.
'en soms trek 'n
stukkie weemoed
so aan die kant van my oe'
---baie oorspronklik

Hierdie vers kan easy 'n song wees - Stuur hom vir Sony.
Stunning Cat!
8 jaar 9 maande 4 weke 7 ure oud


rex
Twee seisoene ...
Ek dink ek het al kommentaar op die een gelewer, maar kan nie help om dit weer te doen nie. Jy is baie professioneel.
8 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


Seisoene
Weemoed saamgevat in pragwoorde!
8 jaar 11 maande 19 ure oud


Twee seisoene
Hi Cat,
Daar is nog Baie warm bloed in jou are. Trap vas en keer die wereld om. Ek hou baie van die frase "wanneer die strale van die dag so soen soen vat aan die nag trek my gedagte kringe" Dit is uitstekend!
8 jaar 11 maande 5 dae 3 ure oud


Z
Skemertyd, hartseer tyd. Puik geskryf met droë-ink, taai-bloed en al.
8 jaar 11 maande 1 week 21 ure oud


Twee seisoene later
Baie intens en baie goed!
8 jaar 11 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


die weervoorspelling
jy skets die melankolie pragtig....
8 jaar 11 maande 1 week 1 dag 4 ure oud


Ai my maat...
...daardie seer verlang wat soms mens se hele binnekant aan rafels laat hang !

''...trek 'n
stukkie weemoed
so aan die kant van my oe..'' - Sjoe, ek voel en sien hierdie !

ammiemoon
8 jaar 11 maande 1 week 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar