Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In vergeefse wegvlug
verdrink die see
se boggelskuimrug
vandag weer AVBOB-stroef
in sy Gam's bestaan se
bodemlose groef
van diepwaterskep se
swaar uitdra
onder oeroue-spotterny -
die tòòrn,
van sy dronknaak-Pa

Toe meteens 'n saampakwolk
(soos die fancy-waaier van 'n Victoriaanse vrou)
in kartelsonne van lig
oor my hooimiedkop, wyd-
oopvou
kom blaas 'n sagte bries
oor heel my mistroos aan
totdat my siel's ontvries
soos kieudeksel-borrels
hoog in die swoele lug
bevry opgaan

In die see se verdrink
daar by St Lucia-baai
het 'n witwaaierwolk
tweeduisend-en-sestien verrassings
in my hart ingewaai
toe 'n vlagie reën
aarde en hemel versoen
en 'n strandlopertjie
"happy new year!"
in my siel, resoneer

Weet ek,
toe ek my tafel
met tweeduisend-en-sestien
sjampanje-sprankels dek
ons leef, jy en ek
net maar
op verskillende plek

In St Lucia se see verdrink ......

©Elizabeth Greef - 04/01/2016





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tweeduisend
Uitstekende skrywe!
4 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 17 ure oud


***
Pragtige, gevoelvolle beskrywing, Karmenaadjie...
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 17 ure oud


saampakwolk
Waow Elizabeth pragtig
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae oud


St Lucia
"Toe meteens 'n saampakwolk
(soos die fancy-waaier van 'n Victoriaanse vrou)"

Wat 'n ontknoping 'n saampakwolk net nie kan bring nie, né?

PRAGTIG!
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar