Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Hande ineen gevleg
waar drome koeksister en wortelskiet
in onbekende beginsels,
‘n nuwe seisoen
jou hart se vroegmôre gefladder
lei na onbekende verwagtinge
van nou en môre
se maybe's

The abstract contrast
of two worlds uniting
and dreams kaleidoscope
in new experiences,
new beginnings against all odds
only faith
and a SOS of our hearts desires

Hier in lewe se skaakmat realiteit
dans jy in kontras
en knipoog vir my as ek jou hand vat
tussen kings en queens se pipe dreams
van miskien en eendag
en my nou se oorgawe

White light prism and explodes
in a rainbow of possibilities
if only you were the one
if only you could see
feel
touch
cry

tell me
will you fly with me ?

Blou is my knieë
en my rug gekramp tot boog
van vra en smeek.
wil jy nie maar net oopmaak
vir ‘n oomblik
sonder pretensie
net los
en vir my wys
jou diepste seer verweer ?

Your soft spoken voice
echo in my nights
and somehow gets lost
between a kiss and a falling star.
Did you make a wish
my dear
and maybe catch
a star for me ?

BennyB
© 29/09/2011 Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.....jou ou bliksem
en dan sê jy jy kannie skryf nie !!!? ppppfffff.....
;-))
7 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


Twee wêrelde
Ek het dit geniet, dankie. Twee tale, twee wêrelde.
7 jaar 9 maande 1 dag 8 ure oud


Two worlds
Wow...stunning!
7 jaar 9 maande 6 dae 8 ure oud


Verwysing
Hallo bennieB

Dis n nuwe ene vir my met die twee tale, en ek vind dit tog interessant. Mooi geskryf, lekker gelees, dankie dat jy gestuur het. Daarsonder sou ek armer gewees het.
Groete,
charles
7 jaar 9 maande 1 week 8 ure oud


rex
Two worlds ...
'n Mooi gedig, maar ek hou maar nie van die mengsel van tale nie.
7 jaar 9 maande 1 week 21 ure oud


Het dit verfrissend anders gevind..en geniet..
7 jaar 9 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


Two Worlds
Baie interressant Benny - mooi man!
7 jaar 9 maande 1 week 1 dag 18 ure oud



Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar