tikkende
al tikkende die tydsverloop
opgewen
draai die ratjies
al in die ronde
tikkende
sekondes word ure
dae
jare
tyd loop af
die ratte stram
al takkende
diens en olie
weer opgewen
tog begin jy tyd verloor
tikkende takkende
eendag
stop jy
gaan staan jy
en vir Al tyd
is jy stil
verewig in net een sekonde
So baie dinge te laat in my lewe begin doen.
Werklik baie binnegoed in hierdie vers om te oorpeins.
Knap!