Gedigte

Titel: Tyd
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tiktok, tiktok...
die tyd loop uit
genadeloos
tel hy die tyd
ons ou Vader Klok.

Die tyd word min...
hartseer
trek my bek op 'n tuit.

Waar en hoe
maak
mens weer 'n nuwe begin
waar begin jy soek?

Eersdaags
is ons Woes- werf
vir ewig
net 'n geslote boek.

Skielik
is ek sommer omgekrap
en baie dun van nerf.

Tiktok, tiktok....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Voor in die wapad...
Anze en Carol probeer om iets ,vir daarna' voor te berei.
Ander mense is ook betrokke.
Ek weet nie wat gaan kom nie.
Die Duitsers sê, ,Afwag en tee drink.'
GvT
3 jaar 8 maande 1 week 13 ure oud


***
Dankie, Jan, jy is 'n regte bittereinder.
3 jaar 8 maande 2 weke 6 ure oud


tyd
Air Jan hartseer
3 jaar 8 maande 2 weke 12 ure oud


Titok
Tiktok ja ons tyd by Woes loop uit en dit gaan beslis 'n leemte laat. Oulike gediggie!
3 jaar 8 maande 2 weke 18 ure oud


TYD
Ek stem saam Jan. Sonder Woes gaan die oggende nie dieselfde wees nie.







3 jaar 8 maande 2 weke 20 ure oud


Tyd
Treur en stort 'n traan in die sekond en uur terwyl die persoon of dergelike dinge nog in jou lewe is, daarna is dit vir ewig en altoos verby.
3 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Tik-tok
Ja ~ so gaan dit mos met die klok!

Dankie dat jy nog altyd ietsie plaas. Dis 'n goeie gedig hierdie!
3 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar