Weergawe:
Aantal woorde: 184
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 02 Jan 2007
Here ek wil eendag in U huis beland!
Help en lei my, sodat ek nie, die nou pad verlaat,
Laat toe, dat my lig skyn, in die huis en op straat,
Here, ek en my huis, ons wil U dien,
Sal U asseblief, aan die gawe voorsien?
Ek is gebore in sonde, by U, is ek nie verlore,
Here, ek het nie altyd die regte woorde!
Ek dank U, dat U reeds weet, wat ek nodig het,
Here maak my onbevlek, voor ek inklim, in my bed!
U, is getrou en ek wil net, op U vertrou,
Al die dae van my lewe, wil ek U hand vashou!
Ek is jammer, Liewe Heer, vergewe die sonde in my!
Here sal U asseblief, in tye van storms, aan my sy bly?
Sal U ook in tye van blydskap, saam met my lag?
Ek wil elke dag en nag, na U lewens woord smag!
Ek het nie genoeg blydskap en tong, om U te bedank.
Ek kan U niks bied, alles behoort aan U, ook my verstand!
Lees ander gedigte deur Buksie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.