Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos jou lippe saggies oor my vingers gly
En die liefde in jou oë my vra om te bly
Skree die mal klop van my donker hart
Vir jou ….
Ek is hier, ek sien deur die swart

Soos jou soene warm kooltjies op my lippe raak
En die hitte van jou hande my lyf wakker maak
Sing die dromme van bloed deur my brandende keel
Vir jou ….
Ek is hier, ek wil met jou deel

Soos jou asem dan prikkels op my vel maak verskyn
En die dors in jou lyf al die skaam laat verdwyn
Vra die polsende passie wat storm deur my
Vir jou …
Maak die liefde uit sy dop uit vry



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uit die dop
Ek was nog altyd mal oor jou gedigte. Dit is immers hoe ek jou leer ken het. Jou styl en onderwerpe het verander van bang-versigtig na 'n sterker mens met selfvertroue. 'n Vrou so pragtig soos haar gedigte.
5 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar