Gedigte

Titel: Uitgelewer
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My lappieslewe
lê wyd verstrooi,
onder mag se bewe
als op ‘n hoop gegooi…

ver het ek geswerf
soekend na rusplek vir ‘n sawwe lyf,
die krummels vannie “Masters” -
hulle’t my na die “dump hole” gedryf

van raap en skraap
kon ek drome aanmekaar plak,
my gelapte aangesig verberg,
(oor doellose rondswerf)
met sink-pleisters myself onderdak

maar min genade word betoon
aan ‘n flentermens
in ‘n bedelaarsjas
wat smag - oor ‘n stukkie vastigheid wens

die storms van die lewe
ken geen kultuur of ras,
woed hom uit teen strooi
wat halms fynbreek en hoop veras

my lappieslewe
lê wyd verstrooi,
tussen bouval-opdrifsels se vat en los
word ek modderbesmet weggegooi.

©Driekie Grobler



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lappies
Hierdie is regtig ñ pragtige stukkie werk.
5 jaar 3 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


Lappies
Sjoe Driekie! Dis 'n baie goeie gedig hierdie . . . baie, baie goed gedoen!
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 10 ure oud


Uitgelewer
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


uitgelewer
Pragtig driekie
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 1 uur oud



Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar