Gedigte

Titel: UITKOMS
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis droog
dis dor en droog
met veld getap van alle vog
plante verlep, knak en verdwyn
die veld is maande lank leeg
mens en dier smeek vir kos
almal smeek vir lafenis
maar uitmergelende hitte vererger
dwarrellende winde kolk heen en weer
weste winde waai, woel en verwoes
rolbosse tol doelloos voort
omvou deur wolke van stof
verre horisonne is leeg

Mens en dier kyk na bo
sal daar ooit verligting kom?
sal alles weer vrolik kan wees?
kan die dorre veld ooit weer blom?
Kan alles weer herleef?
Is dit ons lot?
Is Hy in beheer?

ʼn Eensame wolkie verskyn
groei, stoei en rol
bou wol kastele in die hemelruim
pak saam, stomend, rollend,
storm donker woelend voort
donderweer raas en rammel
blitse flikker en vlam
verlig die hemelruim

Tussen kartetse en gebulder
knallend en skeurend deur donker wolke
word hemelruim verhelder deur flitse
tot lewendgewende eerste druppels val
op smekend mens veld en dier
met oë gerig op belofte van bo
belofte van uitkoms
belofte van herlewing
genadige redding


Stadig verander alles
saadjies ontkiem
spruitjies verskyn
die veld herleef
en word weer vrolik
alles word groen
mens en dier juig
dans en sing
“Hy het voorsien!”

Dankbare oë is weer na bo gerig
om vergifnis...
vir twyfel
vir ongeloof

Hy is in beheer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

UITKOMS
Gegroet Kobus!

Ek het hierdie enetjie van jou so pas ontdek en kan maar net vir Vesting na-praat en van my kant ook dankie sê.

(En die vraag kom by my op: Hoekom plaas jy nie hierdie gedig ook as bydrae tot die projek "droogte" nie? Groot 'seblief man!)

Boeregroete daar!

Paul.
4 jaar 3 maande 1 week 1 uur oud


***
Ek hou baie hiervan, Kobus.
4 jaar 3 maande 1 week 23 ure oud


Uitkoms
Baie dankie, Kobus!

Die inhoud, die vertelling, is realisties, aangrypend en boeiend. Maar ek het besondere waardering vir die wyse waarop jy ander kenmerke van 'n gedig aanwend. Die alliterasie "Weste Winde Waai, Woel en verWoes" (konsonansie) "rOLbOsse tOL (assonansie), die harde klanke van k's en die r'e wat die stormgeweld naboots; die sagte s'e en v (en f) in die ontwaking na die uitkoms...

Doe zo voort!
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 22 ure oud


---
saadjies ontkiem
spruitjies verskyn
die veld herleef

"Hy het voorsien" [Nog 'n pragtige gedig uit jou pen!]
6 jaar 3 maande 4 ure oud


Uitkoms
Ek kon daai opbou na 'n klimaks van eerste druppels saam met jou aanvoel, dis puik, dankie Kobus!
7 jaar 1 maand 1 week 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar