Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek geweet het
dat dit die laaste keer sou wees wat ek jou sien
sou ek jou terug roep met 'n druk en soen
en, As ek geweet het
dat dit die laaste keer sou wees wat ek jou stem hoor
sou ek elke aksie en woord opneem en speel
en, As ek geweet het
dat dit die laaste tydjie, minuut saam is
sou ek stop en sê: "Ek is lief vir jou," pleks van jou te laat hoop
en, As ek geweet het
dat dit die laaste keer sou wees om jou dag te deel
wel, ek is seker jy sou soveel meer as “dit kan tot more wag” wou hoor.

Daar sal altyd nog 'n dag wees om te sê: "Ek is lief vir jou”,
en seker sal daar nog 'n kans wees om te sê: "wat kan ek vir jou doen?"
Maar mater, môre is aan niemand belowe nie
en vandag is die laaste kans wat jy mag kry,
om jou geliefdes vas te hou, styf en bly.
Waarom doen jy dit nie vandag nie, en laat more wag?
Want as more nooit kom, is vandag sonder spyt
en Jy…
jy kon vandag die tyd vir 'n glimlag, 'n drukkie, of 'n soen neem
en jy kon vandag iemand met geluk en liefde seen
en jy kon vandag, die tyd neem om te sê:
"Ek is jammer, asseblief, vergewe my".



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wag
Hennie dis die lesse wat 'n mens deur ondervindings leer. Jy het dit pragtig in jou gedig saamgevat!Puik man!
7 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


***
Dankie, Hennie -- mooi woorde gewis.
7 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


Krediet
Dit sou net geregverdig wees om erens in die skrywersheelal 'n anonieme digter krediet te gee vir die oorspronklike britse amperse weergawe van 'n soortgelyke gedig. Die per abuise lees daarvan 'n ruk gelede, het bly vassteek.
7 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar