Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek sien haar verborge traan
soos heimwee sag in skemer val –
‘n maanligkus rolspoor
oor die perskeronding van een wang,
eggo in toorkruid en elikser
blink op my onderlip
en vreugde huppeldartel weer in my:
sy bemin my!
Wat kan ek meer begeer?
Ek sal die nektar van die gode,
háár lippe in soet oorgawe drink
háár asem sal in mýne kreun
die branders van my asem
sal in haar mond strand
en die vuurblik in haar oë
sal in my are passiebrand
tot my hart wildritmies luid
in haar klop weerklink
en ons crescendo deur die hemelruim
veroomblik in ‘n ewigheid


*Aria uit L’elisir d’amore, ‘n opera deur Gaetano Donizetti, 1832
Nemorino, ‘n jongman uit die arm werkersklas is verlief op die welgestelde Adina, maar sy stel nie in hom belang nie. Desperaat om haar liefde te wen, koop hy goedkoop rooiwyn by ‘n swendelaar, onder die indruk dat dit ‘n liefdeselikser is. Oortuig dat die elikser gaan werk, ignoreer hy haar na ‘n uitval, en toe Nerorino sien hoe Adina huil, weet hy dat hy haar hart gewen het



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nee jong waar gaan dit ophou. Absoluut meesterlik geskryf. Wag angstig vir die volgende een. Jy weet daardie gevoel van "word vervolg".

Goed gedoen soos altyd!!!
9 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 12 ure oud


As ek die deel wat ek die meeste van hou moet uitlig, sal ek jou hele vers moet copy and paste. WOW Erna! Onverbeterlik! BEAUTIFUL
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


dankie
Klasiek!... jou gedig. baie dankie daarvoor.
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Ek is verslaaf aan jou werk!!!
"háár asem sal in mýne kreun"...dit is verbitterlik mooi en mooi verby!!! Talentvol is nie die woord nie!!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


Jou gedig het my *STOM*... dit is *MEESTERLIK* vasgepen en is beslis 'n gedig wat ek weer en weer sal lees.
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


Pragtig gedoen: 'n warmgevoel-werk!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


Kyk nou net hoe oorrompel jy met hierdie stukkie romantiek op 'n koue wintersdag! Soos in die aria word die leser toegelaat om in verbeelding die storie verder te voer. Knap gedaan!

Justitia
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 20 ure oud


Wow!! Dis SO SO mooi!!! Mal oor hierdie gedig, die liefde, romanse - so mooi oorgedra!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud


Crescendo!!
Baie besonders!!!

Elke woord meesleurend...ek lief dit!!! Beslis nog een vir jou volgende bundel my mens!!

'n Gunsteling!!
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae oud


Sjoe, Erna Jo! Dis 'n besonderse wit-warm asemsnak gedig- met 'n mooi storie daar agter. Baie goed geskryf- veral as mens dit sien in die lig daarvan dat jy iets geskryf het met die emosie van 'n man uit hart van 'n vrou.
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 7 ure oud


die branders van my asem
sal in haar mond strand
>>hierdie is ssoooo besonders!
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud


Una Furtiva Lagrima
Woordkuns sonder weerga!!!
Briljant. Roerend mooi!!
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar