Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het Swaeltjie in my are
nes hulle weet dis tyd
om short shorts en Sonbril oor jou vlerk te gooi
die son te volg

net so, sonder om n beat te mis
ruk my gees begin Desember op
en vlieg ek Somer toe

My neus snuffel, op hitte, herroep die reuke
van Coconut olie en Piz Buin
onthou my lippe die smaak van
soet nat tongrol soene
voel ek die sand in bodem
van my hekel bikini
hoor ek ʼn see meeu kras skree iets
van pikkewyne en sout op my vel
sien ek blonde Surfer Gode
wat teen die aqua en wit skuim cruise
toe ek nog jonk was
en
ek wil weer gaan
na Wildernes en Vic Baai
saam met Uriah Heap
Easy Living
doen
under the board walk
down by the sea

https://youtu.beHAWuOQYcMuw



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Somer
Absoluut puik!
4 jaar 1 maand 6 dae 13 ure oud


Sand en see
"Ek het swaeltjie in my are"
Mooi metafoor! Jy roep my jeug op met jou Coconut olie en piz buin, sand waar dit nie moet wees nie en branders en see en son en meeue...
Nostalgie sonder sopperigheid.
Ek's bly ek kon dit lees.
Puik, sou ek sê! :-)
4 jaar 1 maand 4 weke 8 ure oud


under the broadwalk
dis briljant... puik gedig!
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag oud


Under The Board Walk
Oe, dis nou tone-omkrul-lekker, hierdie herinneringe!
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 6 ure oud


Verlange
Ag, man! Hoe verderf jy my my mismoedigheid: Hier word ons van die noord-duitse newel en pisweer gekwets en geteister (Kan die koue jou teister? Het dit met toast iets te doen?), en jy kom vul my woonkamer met heimwee. Siestog.
Maar eerlik, dit was lekker, nè?
Heimwee en ander herinneringe het tog iets goeds.
GvT
c];o)
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 12 ure oud


Somer
Heng dis lekkerrrr....dis fabulooslik!!
Nou is ek weer jonk en spelerig!
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 22 ure oud


Under the board walk
Puik

10/10

Thnks
4 jaar 2 maande 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar