Titel: Usama Bin Ladin
Weergawe: 1
Aantal woorde: 382
Kere gelees: 74
Datum gepubliseer: 22 Sep 2009
Gehaat deur ‘n groot deel van die mensdom
en geseën deur dalk nog meer
en sy desperate dade
wat mense uit die lewe ruk
kon ‘n super mag nie keer nie.
Siels ongelukkig en dik
dat ‘n Super land hom
en sy mense
as pionne in ‘n magstryd gebruik
en later soos rommel op ‘n ashoop vergeet,
het hy daardie land
self ‘n offer
vir haar dade laat betaal.
Gelowig in sy godsdiens
en getrou aan wat hy glo,
kon niks en niemand
hom van sy besluite
en missie af lei nie.
Wat vir ander na malligheid
gelyk het,
het hy reggekry
en onverwags soos uit
‘n blou hemel toegeslaan.
Duisende bomme reën
uit die lug neer
en niemand kan ‘n onthuse
Superland se woede keer,
waar haar soldate
met oormag van wapentuig
hulle vyand en onskuldiges
voor die voet afmaai
en in arabiese lande verwoesting saai.
Selfs van Saddam Hussein
word daar ‘n prys geeis,
maar geweldige rykdom en byna onuitputlike
intelegensie bronne
kan Usama nie vind nie,
terwyl ‘n vuurspuwende draak
blindweg mense dood maak.
As mens na sy karakter
as ‘n persoon kyk
en Bin Laden uit die oorlog haal,
het hy integriteit en grasie
en bly hy toegewy
aan sy god en mense
en bereid om alles
op te offer
om geregtigheid te kry.
Vir sommiges was Adolf Hitler
ook groots
en Stalin ‘n held
en tog kan niks
die impak van hulle
en Ben Ladin se dade,
as massa moordenaars
ongedaan maak nie.
Soos baie voor hom,
is hy een man se terroris
en ‘n ander se vryheidsvegter
en die dinge wat sy volgelinge doen
plaas bloed op sy hande
en hulle dade skreeu
tot in die hoogste hemele.
Ek wonder wat die waarskuwings
wat hy aan sy vyand rig
op dui
en of daar weer,
doodsklokke in daardie
westerse land gaan lui?
Miskien gaan New York, Los Angeles,
San Francisco, Boston
of dalk Washington
soos kerse
aan die hemel brand
en Nagasaki en Heroshima
na kinderspeletjies lyk.
Dis net jammer
dat onskuldiges die hoogste prys betaal,
terwyl politikusse, die base van die CIA
en mense wat die lewens
van ander beheer
ongeskonde van die prys
van hulle dade bly
en ander die straf daarvoor kry
en Usama nog steeds vry
van sy dade bly.
Lees ander gedigte deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte
Artikels

deur Johann P. Boshoff
"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)