Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hand aan hand gaan hul saam die lente in
jare lê uitgeskilder op elk se gesig
elke plooi vertel sy storie
van swaarkry en wondermooie dae

soggens se groet getuig van samesyn
jarelange liefde en vriendskap
lê vlak in elk se oë
met ‘n glimlag gaan hul uitmekaar

smiddae ontvang hul mekaar
in liefde en verlange
bly vir nog ‘n dag se samesyn

saam woon hul ‘n troue by
maar gretig om tuis te kom
om in mekaar se arms
hierdie dag af te sluit

gewek deur geraas
staan haar geliefde op
net om in finale skoot vas te loop

sy word beroof
van haar selfrespek en waardigheid
in roue eensaamheid
roep sy hierdie lente vaarwel

© ANS BOTHA

Opgedra aan Sollie en Elsa Botha



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hartseer
Die aanloop tot hierdie hartseer mooi verwoord.
6 jaar 6 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


Lente
Dis bitter en baie treurig. Ek voel so jammer vir die wat agter bly en die nare gebeure oor en oor moet herleef, soos dit in die gedagte maal. Ten spite van die hartseer gedig is dit vreesli mooi gesryf.
6 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 19 ure oud


Ai
Dis 'n hartseer verhaal Ans...
6 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud


Lente
Pragtig, hartseer maar treffend neergepen.
6 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


Ag nee!!!
Wanneer hou dit tog opppp? Treffend geskryf...
6 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar