Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek dank U Heer, vir my pappa se liefde trou;
Sy twee arms, wat my stewig elke dag vashou,
Om my te steun wanneer alles skeefloop of sleg;
Met ferme hande my te lei op die regte weg.
Vir blyke van waardering, as ek my bes probeer,
Ofskoon ek nie ’n wenner is, of baie goed presteer.
Ek dank U vir sy hande wat met ywer daagliks werk,
Al is hul vol eelte en grof, maak U hulle sterk.
Ek dank U vir sy oë wat ook alles raaksien,
Al moet ek soms teregwysing en straf verdien;
Ek dank U vir sy hart wat vol liefde klop vir my,
Ek sal nooit in my lewe weer so ’n pappa kry!
Seën en lei hom, Heer, hy is so spesiaal;
Ek is baie lief vir hom Heer, dankie nog ’n maal.
Geskryf Junie 1998.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pragtig!
hoe lekker en mooi om dit te lees
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 14 ure oud


Mooi
Baie mooi!Dis sommer 'n lekker lees gedig!
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


p
dis nice Ma-liguis, my pa is glad nie so nie, verskoon my woord, maar ek is behoorlik opgemors, agv hom...hy worry net oor homself, dit daar gelaat
4 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


A3
Vadersdag gebed
Dis Pragtig!!!! Wat kan ek sê...
4 jaar 10 maande 4 weke 18 ure oud


Lieflik, die liefde vir 'n Pa in digterswoorde.
6 jaar 7 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Pragtig beskrywend.
6 jaar 7 maande 2 weke oud


Goed beskrywende gedig!
6 jaar 7 maande 2 weke 17 ure oud


pragtig, regtig mooi... liefies xxx
6 jaar 7 maande 2 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar